04/06/2026
Maak gerus ‘n draai by die splinternuwe Askham Deli in Askham op pad na die Kalahari!
Baie geluk aan TJ met die opening van hierdie pragtige nuwe besigheid. Wat ‘n fantastiese toevoeging tot die gemeenskap en ‘n welkome stop vir reisigers op pad na die rooi duine van die Kalahari.
Of jy nou op pad is na Dreghorn Kalahari Game Farm of die Kgalagadi Park, die Askham Deli is die ideale plek om jou reis te onderbreek, iets lekkers te geniet en die Kalahari-gasvryheid te ervaar.
Ons wens jou alle voorspoed toe met hierdie nuwe avontuur en sien uit daarna om baie besoekers by julle te sien inloer!