09/06/2026
Vadersdag gaan oor die klein oomblikke wat mens onthou — lekker kos, ’n vuur wat brand, goeie stories en kwaliteit tyd saam met die mense wat saak maak.🔥
Sluit op 20 Junie by ons aan vir ’n spesiale Vadersdag Bring & Braai hier by Uitzicht. Bring jou eie vleis, ons sorg vir al die bykosse, lekker musiek, ’n warm vuur en ’n ontspanne atmosfeer vir die hele gesin.
En vir dié wat sommer die aand wil oorslaap — ons het ook ’n spesiale aanbod op akkommodasie beskikbaar, ontbyt ingesluit. ☕
Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom — ons sien uit daarna om hierdie Vadersdag saam met julle te vier.
Kontak Cherèce deur die volgende besonderhede om te bespreek:
📞 071 090 3693
📧 [email protected]