03/10/2026
🌿 Oepsie Daisy – Waar die veld weer asemhaal 💛
Na verlede week se groot reëns leef die veld hier weer behoorlik!
Die Namakwalandse grond het diep gedrink, die bossies staan groener en daar is sommer ’n nuwe lewe in die lug.
’n Gedeelte van die ingangspad na Oepsie Daisy het lelik verspoel. Maar selfs dit is deel van die lewe hier op die plaas. Die natuur laat hom nie voorskryf nie, en ons leer maar weer om te aanvaar, reg te maak en dankbaar te wees vir die genadewater.
Want tussen die verspoelde grond en die groen veld lê daar soveel om voor dankbaar te wees.
Ons beddens is leeg, maar ons skoene is vol hier by Oepsie Daisy. 🌼
Leeg van gaste vir eers, maar vol planne, plaaswerk, modder aan die skoene en dankbaarheid in die hart💛🌾💛