Trans Boegoe 4x4 Kamp en roete

Trans Boegoe 4x4 Kamp en roete Trans Boegoe is a campsite situated in the Northern Cape next to the beautiful Boegoeberg Dam, 50km from Groblershoop.

🔥🔥🔥
30/05/2026

🔥🔥🔥

Jan Braai het bietjie hier by ons 'n draai kom maak.Altyd lekker met goeie mense, vure wat brand 🔥 en lekker kos 😃Follow...
28/05/2026

Jan Braai het bietjie hier by ons 'n draai kom maak.

Altyd lekker met goeie mense, vure wat brand 🔥 en lekker kos 😃

Follow hom om sy dop te hou.

Wat is nou lekkerder as kamp vure en geseligheid langs die Oranje Rivier by Trans Boegoe 4x4 Kamp en roete 🦅

📢 BELANGRIKE OPROEP AAN ONS GEWAARDEERDE KLIENTEGeagte klante en vriende van Trans Boegoe KampOns vra julle vriendelik o...
09/04/2026

📢 BELANGRIKE OPROEP AAN ONS GEWAARDEERDE KLIENTE

Geagte klante en vriende van Trans Boegoe Kamp
Ons vra julle vriendelik om saam met ons 'n beswaar in te dien. Dit is om te verhoed dat nuwe regulasies toegang tot ons damgebiede ernstig beperk of heeltemal verhoed.

Nuusblad berig dat die Departement van Water en Sanitasie nuwe regulasies voorstel wat openbare toegang tot staatsdamme kan beperk.
Die voorgestelde regulasies kan die volgende aktiwiteite inperk:
•Visvang
•Bootvaart
•Swem

Dit sal ook formele toestemming vereis vir toegang tot damgebiede en omliggende grond.

⏰ Deadline vir besware:
Maandag 13 April 2026

Hoe om beswaar te maak:
Stuur 'n skriftelike beswaar na:
Director-General van die Dept. van Water en Sanitasie
E-pos: [email protected]

Waarom is dit belangrik?
DA se David Mc Kay waarsku dat hierdie regulasies groot druk kan plaas op grondeienaars, besighede en plaaslike ekonomieë wat afhanklik is van toerisme – insluitend kampe soos Trans Boegoe Kamp.

Grootste staatsdamme in Suid-Afrika (volgens volume):
Gariepdam (grootste – Oranjerivier)
Vanderkloofdam (tweede grootste)
Sterkfonteindam (Vrystaat)
Vaaldam (Gauteng-voorsiening)
Pongolapoortdam (Jozini – KZN)
Theewaterskloofdam (Wes-Kaap)
Bloemhofdam (Noordwes & Vrystaat)
Kruismanrivierdam
Groter Brandvleidam (Wes-Kaap)

As julle graag by ons dam kom visvang, boot ry, swem of net die natuur geniet, help ons asseblief deur vandag nog 'n beswaar in te stuur. Dit neem net 'n paar minute.

Baie dankie vir jul ondersteuning – saam kan ons dit keer!

🙏
03/04/2026

🙏

🌿 Paasnaweek Promosie by Trans Boegoe 🌿Trans Boegoe stel graag ons spesiale promosie bekend vir die komende Paasnaweek, ...
25/03/2026

🌿 Paasnaweek Promosie by Trans Boegoe 🌿

Trans Boegoe stel graag ons spesiale promosie bekend vir die komende Paasnaweek, 3 April tot 6 April 🐣

✨ Spesiale Aanbod:
Vir enige groep van meer as 6 volwassenes wat saam bespreek, bied ons 15% afslag!

📲 Stuur gerus ’n WhatsApp na 083 500 7180 vir meer inligting of om te bespreek.

🎉 Bonus Kans om te Wen:
Share, tag en like hierdie plasing om ’n kans te staan om nóg 10% ekstra afslag te wen (bo en behalwe die 15%) vir 4 volwassenes in ons gelukkige trekking!

⚠️ Let wel:
Ons waterstaanplekke is ongelukkig reeds vol bespreek, maar daar is nog baie lekker staanplekke beskikbaar in die kamp.
Ons sien uit daarna om julle te verwelkom!

Kamp groete 🦅

08/02/2026

Kom vang die sonsak by Trans Boegoe 🌅 Dis ’n uitsig wat jy nie wil misloop nie!

Stuur gerus 'n whatsapp na: 083 500 7180 vir enige besprekings/navrae 😃

Wat is nou LEKKERDER as ’n familie-naweek by Trans Boegoe? 😃Die visse byt behoorlik en daar word weer GROOT monsters uit...
02/02/2026

Wat is nou LEKKERDER as ’n familie-naweek by Trans Boegoe? 😃
Die visse byt behoorlik en daar word weer GROOT monsters uitgetrek! 🎣💪

Paasnaweek is amper hier – moenie uitmis nie! Pak die tent, bring die familie en kom maak memories saam met ons.

Bespreek jou plekkie betyds 👉 WhatsApp 083 500 7180

Sien julle by die water!
Kampgroete 🦅

Hi almal! 🎉WOW – Desember was ’n FANTASTIESE maand by Trans Boegoe! 🎣Pragvisse, groot vangste en hope lekker kamp-oombli...
26/01/2026

Hi almal! 🎉
WOW – Desember was ’n FANTASTIESE maand by Trans Boegoe! 🎣
Pragvisse, groot vangste en hope lekker kamp-oomblikke!

Baie, baie dankie aan elkeen van ons ongelooflike kliënte vir julle lojale ondersteuning – ons waardeer julle opreg 🙏

🔥 GOEIE NUUS! PROMOSIE TYD! 🔥
Tot einde Februarie kan kinders tussen 3 en 18 jaar kamp teen ’n GROOT AFSLAGPRYS 👨‍👩‍👧‍👦

Dis die perfekte kans vir ’n lekker buitelug-avontuur!

👉 Stuur sommer nou ’n WhatsApp na 083 500 7180 vir meer inligting of om jou plek te bespreek!

Ons sien uit om julle by die kamp te hê!

Kampgroete
Trans Boegoe 🦅

Address

Groblershoop

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Trans Boegoe 4x4 Kamp en roete posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Trans Boegoe 4x4 Kamp en roete:

Shortcuts

Share

Category