Roodehoogte Boerdery Verblyf

Roodehoogte Boerdery Verblyf Kom geniet die ruimte , stilte en die natuur op 'n afgesonderde, maar werkende plaas se werf.

Wat 'n grote vreugde om iets kleins raak te sien sommer so in die verbyry....
21/08/2023

Wat 'n grote vreugde om iets kleins raak te sien sommer so in die verbyry....

Dis nie elke jaar dat ons sulke goeie reen kry en die aalwyne so oorvloedig blom nie. Nerens anders sal jy aalwynwoude (...
05/07/2023

Dis nie elke jaar dat ons sulke goeie reen kry en die aalwyne so oorvloedig blom nie. Nerens anders sal jy aalwynwoude ( Aloe Ferox) vind soos hier by ons @ Zanddrift nie.
Moenie die geleentheid laat verbygaan om dit te aanskou !
TOEGANG SLEGS MET BESPREKING

Soveel mooi....kies maar self jou gunsteling...geen foto is egter so mooi so die werklikheid nie !Die aalwynblomme langs...
02/07/2023

Soveel mooi....kies maar self jou gunsteling...geen foto is egter so mooi so die werklikheid nie !
Die aalwynblomme langs hoofroetes se fleur is nou besig om te kwyn, maar by Zanddrift sal daar nog vir 'n week of 2 genoeg mooi wees om te sien !
Die heerlike reen het die pad na Zanddrift byna onbegaanbaar gemaak maar nou kan mens darem weer van Albertinia se kant daar kom.
Geen gewone sedan motors.
Kontak ons vir oornagverblyf of dagbesoek opsies.
GEEN TOEGANG SONDER VOORAF BESPREKING.
ferox

Daar kom Albertinia se volgende reen !!Ver plaaspaaie = meer mooi om te sien !
09/06/2023

Daar kom Albertinia se volgende reen !!
Ver plaaspaaie = meer mooi om te sien !

O my genade ! Hier kom 'n SKOUSPEL !  GEEN filter...sommer net Callie met sy selfoon !!
07/06/2023

O my genade ! Hier kom 'n SKOUSPEL ! GEEN filter...sommer net Callie met sy selfoon !!

Nou is onse wereld darem bitter mooi ! Callie noem nie verniet die uitkykpunt " God's window" nie !
02/06/2023

Nou is onse wereld darem bitter mooi ! Callie noem nie verniet die uitkykpunt
" God's window" nie !

Dis amper tyd om te kom Aalwyne kyk...Bespreek betyds jou plekhier waar hul die allermooiste pryk...
25/05/2023

Dis amper tyd om te kom Aalwyne kyk...
Bespreek betyds jou plek
hier waar hul die allermooiste pryk...

19/05/2023

Elke plaas is uniek. Dit het sy eie karakter, maniere en giere ! By ons kronkel die Gouritsrivier deur ons grond en wanneer dit lekker reen kom hy sommer gou af; soms net vir 'n paar dae en soms vir weke.
Omdat die werk moet aangaan, moet die manne maar roei na die anderkant. En hul handlangers moet en wil mos saam.
Vanmore het Callie die unieke situasie afgeneem en ek moet bieg : ek kyk die video oor en oor !
Die manne seg net 1 keer : " kom julle"! en dan kom die eerste hond, die 2de en die 3de een, maar die arme 4de hondjie kla nou al erg ! Maar hy swem, so kla-kla. As hy nie swem nie, bly hy agter en wie wil nou agterbly ! Mens kan hom jammer kry, maar wat , soos die Ingelsman se : " what does'nt kill you makes you stronger" !
Ek sien baie van ons mense in die prentjie. Ons kla maar ons hou aan swem as die lewe dit van ons verwag. Dis nie altyd vir ons lekker nie, maar dikwels as ons aan die anderkant uitkom d**k ons dit was darem nie te erg nie en dikwels is ons dan 'n " ryker " mens.
Deel met graagte en kom slaap op die plaas . Hier is baie gewone dinge wat jou heerlik sal verras !!!
082 9500 343 vir verblyf of dag uitstappie besprekings

Vanjaar  gaan 'n asemrowende mooi Aalwynblomtyd wees ! Bespreek 'n paar dae in Zanddrift se huisie en kom ervaar hierdie...
18/05/2023

Vanjaar gaan 'n asemrowende mooi Aalwynblomtyd wees !
Bespreek 'n paar dae in Zanddrift se huisie en kom ervaar hierdie skouspel van naderby !!!







12/05/2023

Jakkalsvlei is excited to host the WP XCO Cup Cycling Event in the 2023 Series.

Come test you grit on your mountain bike and enjoy award winning wine, great food and the hospitality that Jakkalsvlei is known for.

Event date: Saturday 13th of May 2023.

Enter online before Wednesday the 10th of May 2023.
ENTER HERE: https://bit.ly/WesternCape2023XCOSeries-ENTER

No late entries will be accepted.
Registration on Friday the 12th at Jakkalsvlei or Saturday morning the 13th.
Track Inspection will take place on Friday the 12th May from 14:00
For further race details go to 👉 www.iala.co.za

Ons gaste maak fietse skoon op Zanddrift se stoep ! Sterkte aan ons jong gaste wat more die reen en modder gaan trotseer...
12/05/2023

Ons gaste maak fietse skoon op Zanddrift se stoep ! Sterkte aan ons jong gaste wat more die reen en modder gaan trotseer om aan die fietsren @ Jakkalsvlei deel te neem !

Laai die fietse, die kano, die kamera en die tekkies en kom rus op die plaas !! 082 9500 343
21/04/2023

Laai die fietse, die kano, die kamera en die tekkies en kom rus op die plaas !!
082 9500 343





At Zanddrift a perfect picture awaits you around every corner...Book your stay here today !082 950 0343
18/04/2023

At Zanddrift a perfect picture awaits you around every corner...
Book your stay here today !
082 950 0343



Selfs die agterstoep van Zanddrift se huis is prentjiemooi...hier kan jy  heeldag van die 1 stoep na die ander sit ....
13/04/2023

Selfs die agterstoep van Zanddrift se huis is prentjiemooi...hier kan jy heeldag van die 1 stoep na die ander sit ....

Dis lekker by die see my skat...
13/02/2023

Dis lekker by die see my skat...

Kyk vannaand HOKAAI MY MEISIE @ 19h30 kykNET !!! Charie gesels met Hannes Coetzee, Freek Muller snr., ry perdekar en tap...
11/02/2023

Kyk vannaand HOKAAI MY MEISIE @ 19h30 kykNET !!! Charie gesels met Hannes Coetzee, Freek Muller snr., ry perdekar en tap aalwyn Roodehoogte Boerdery Verblyf

26/01/2023

So word daar " lusernwors " gemaak en gepreserveer vir die koeie in die winter
@ Zanddrift.
Daar is darem baie dinge op 'n plaas te sien en beleef wat mens nie by gewone toeristebestemmings sal raakloop nie !

Lusern snytyd op Zanddrift....oorvloed reen gee oorvloed kos. Ons is dankbaar !
17/01/2023

Lusern snytyd op Zanddrift....oorvloed reen gee oorvloed kos. Ons is dankbaar !

10/01/2023

Zanddrift se veld is geil en groen en die " Boontjiekaroo" is vol in die blom.
Gouritzrivier se waterkuile is vol vir lekker swem en visvang.
Kom geniet die natuur se oorvloed !

Bespreek nou 'n naweek vir 'n gesin van 5
@ R1450per nag !
Of @ R 700 vir 2 persone en R 250 per persoon ekstra
082 950 0343

#4×4

Stap na strand.Slaap 9Beskikbaar vanaf 3 JanuarieR 1500 per nag vir 1ste 5 personeR 250 p.p.p.n.ekstra
22/12/2022

Stap na strand.
Slaap 9
Beskikbaar vanaf 3 Januarie
R 1500 per nag vir 1ste 5 persone
R 250 p.p.p.n.ekstra

En so lyk Zanddrift nou na die lieflike reen wat ons gehad het.Gouritzrivier loop kant-aan-wal...al die pad tot by die s...
21/12/2022

En so lyk Zanddrift nou na die lieflike reen wat ons gehad het.Gouritzrivier loop kant-aan-wal...al die pad tot by die see !

10/12/2022
09/12/2022

Kom ervaar dit....vroegoggend op Zanddrift se stoep...

Deur die lens van 'n gas....Aangesien die Gouritzrivier deur die plaas kronkel, word daar roeibote soos hierdie 1 weersk...
07/12/2022

Deur die lens van 'n gas....
Aangesien die Gouritzrivier deur die plaas kronkel, word daar roeibote soos hierdie 1 weerskante van die rivier gelos vir die plaaswerkers om heen-en-weer deur die rivier te roei waneer hy vol is.
Hopelik kry ons spoedig reen - dan deel ons graag 'n foto van die span op so 'n bootjie !
Foto : Didi van Vuuren

Eerste foto van Zanddrift se eerste gaste ! Perfekte prentjie !
05/12/2022

Eerste foto van Zanddrift se eerste gaste ! Perfekte prentjie !

HERBERTSDALE / MOSSELBAAI AREAUITEINDELIK IS ONS REG VIR BESIGHEID ! Deel asb. die goeie nuus!Ons is ‘n 6de geslag-famil...
30/11/2022

HERBERTSDALE / MOSSELBAAI AREA

UITEINDELIK IS ONS REG VIR BESIGHEID ! Deel asb. die goeie nuus!

Ons is ‘n 6de geslag-familieboerdery wat hoofsaaklik ‘n Jersey melkery bedryf in die HERBERTSDALE distrik.
Alhoewel ons baie geheg is aan tradisionele boerdery metodes , is ons ook dinamies en het daarom besluit om te diversifiseer deur ‘n toerisme-vertakking by ons besigheid te voeg.
Die eerste toevoeging tot hierdie nuwe projek is die hoof-opstal huis op die plaas ZANDDRIFT.
Aangesien die Gouritzrivier deur die plaas vloei , word hier hoofsaaklik lusern verbou as voer vir die koeie wat op die plaas Roodehoogte gemelk word. Dit beteken dus dat dit altyd mooi groen is rondom Zanddrift se huis !
Die plaas beskik egter ook oor ‘n uitsonderlike digte aalwyn ( Aloe Ferox) populasie wat jy werklik nerens anders sal teekom nie.Dit op sigself is ‘n besoek werd. Doen navraag wanneer die aalwyne blom en bespreek betyds jou verblyf of reel vir ‘n staptog tydens die blomtyd. Al is die aalwyne nie in volle blom, is dit nog steeds iets om te aanskou hoe hul hier nie geplant is nie, maar gesaai !
Indien dit nie te droog is nie, word die aalwyne se sap “ getap” en jy kan ook hierdie unieke proses gade slaan.
Wanneer die Gouritzrivier water het, is die plaas nie toeganklik vanaf die Herbertsdale kant af nie en slegs vanaf die Albertinia kant. Ons sal duidelike roete aanwysings verskaf met bevestiging van u bespreking. Die pad is nie geskik vir gewone sedan motors nie ,maar slegs voertuie met ‘n hoe grondvryhoogte .
Hier kan jy :
• Bergfiets ry
• Stap en draf
• Swem en baljaar in die rivier
• Visvang
• Perdry teen ekstra tarief
• Jakkalsvlei wynplaas besoek
• Vir ure op die lieflike stoep sit en ontspan.
Die huis beskik oor :
 2 slaapkamers ( 2 enkelbeddens in elk)
asook 1 bed in sitkamer en baie spasie op die solder vir ekstra slaapplek.
 1 badkamer met ‘n stort
 Binne kaggel/braaiplek
 Braaidrom buite
 Kombuis ten volle toegerus met stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster en ys/vrieskas.
 Tenkwater vir drink ( bring bottelwater indien u nie van tenkwater hou nie.)
 Rivierwater vir gewone gebruike.
 Ons voorsien 1ste bondel hout gratis en meer hout sal dan te koop wees. U mag egter ‘ vir die lekker” ‘n paar stukkies hout in die veld ook optel.
 Beddegoed vir eerste 5 persone word voorsien. Bring EIE SWEM HANDDOEKE.
TARIEWE :
R700 per nag vir die 1ste 2 persone ( minimum 2 nagte)
R250 per persoon ekstra.
Spesiale tariewe kan gereël word vir langer besprekings asook vir groter groepe.
Dagbesoekers : R 200 per persoon ( moet vooraf bespreek)

Kom plaas toe en help ons bou aan hierdie nuwe vertakking van ons boerdery/besigheid !!

Address

Roodehoogte. Herbertsdale
Herbertsdale
6505

Telephone

+27829500343

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Roodehoogte Boerdery Verblyf posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Roodehoogte Boerdery Verblyf:

Videos

Share


You may also like