Website: https://machuboresort.com
Adventure Nature Paradise: 80km North of Maputo, 36km North on the Macaneta Peninsula, Pass thru the 24h security gate and bridge of Maragra Sugarmill and discover one of the most unspoilt beaches left: MACHUBO BEACH RESORT. Crystal clear water, 800m beach access by 4x4: exceptional shore angling, Unexplored reefs and dunes, safe swimming & long stretches of p
owder white beach. Bird watching and nature trails. Whale watching from July – Oct and Turtle nesting between Oct - March. Boat launching and angling licenses can be arranged at the resort. Accommodation: Sea view accommodation and camping 100m - 500m from the beach. The chalets and campsites are nestled in between coastal dune forest with sweeping views of the stunning beach. No dune between camp and beach. The accommodation and campsites offer guests privacy and were carefully cleared to ensure minimal impact to the environment. Chalets and houses are self – catering and can accommodate between 4-18 people each. Campsite with private ablution, underroof wash – up facility and working area as well as braai facility on your stand. Fresh borehole drinking water in chalets and campsites. Generator & solar power combined to sustain fridges and lights. Restaurant, bar and deck next to the sparkling swimming pool overlooking the beach AND ocean. Braai facilities next to pool. Bring and braai. Order a slaai. Cash bar only. Chalets are semi-serviced, washing on request. Transfers from airport can be arranged. Wake up to a breathtaking sunrise, where the only sound is of the breaking waves. Sooth and renew your soul - drift away to where time has come to a standstill… and discover a beautiful barefoot beach paradise at your doorstep. WOU U NOG ALTYD DIE PRAGTIGE WIT STRANDE VAN MOZAMBIQUE BESOEK? LUS VIR ONVERGEETLIKE AVONTUUR? Machubo Beach Resort is 580km vanaf JNB, 180km vanaf Komai grenspos of 80Km noord van Maputo geleë, 32km vanaf die hoofpad. Machubo is 36km noord op die Macaneta Skiereiland gelee met 24h toegang deur die Maragra suikerrietmeule, sekuriteitshek en brug… daar waar slegs ‘n handjievol toeriste nog hul voetspore gelos het. Baie veilige area. Machubo Beach bied van die beste strandhengel, 500m strandtoegang, kristalhelder see langs poeierwit strande, veilige swemareas en onbesoekte riwwe. Pragtige staproetes, natuurlewe en Walvis kyk gedurende Julie – Okt en skilpaaie nes tussen Oct - Maart. Chalet akkommodasie en kamp geriewe bied gaste privaatheid en beskutting tussen eksotiese strandduine en terselftertyd asemrowende uitsigte. Gemaklike trappe tot op die strand. 80-100m see toe. Boot lansering en hengellisensie permitte kan by die oord gereel word. Machubo Beach is in 'n ongerepte area geleë en uiters eksklusief met ‘n baie privaat en veilige strand. Ons het in 2011 self die paaie uitgelê na hierdie stukkie paradys. Die oord is toegangbaar met 4x4, 4x2 en all wheel drive voertuie. Slegs 4x4 voertuie word toegelaat tot op strand. Let wel: Paaie tot by oord IS rybaar met ‘n 4x2 voertuie mits jy bereid is om jou bande tot by 1 bar af te blaas. Die naaste dorp, Manhica, is 30km / 1h rytyd. Daar is ‘n vulstasie, restaurante, bakkery, bottelstoor, apteke, atm’s, local markte en nog vele meer. Die oord het n gerieflikheidswinkeltjie wat vars produkte, blikkies kos, braaipakke, charcoal, koeldranke en ys verkoop. Daar is tot swemdrag, sarongs en curious beskikbaar. Die restaurant, kroeg en dek langs die swembad is vir gaste se privaat gebruik en het alles asemrowende strand en see uitsigte. Geen dagbesoekers word toegelaat nie mits vooraf gereel. Daar is braai geriewe langs die swembad beskikbaar. Bring & braai, bestel jou slaai of chips of bestel n potbrood en braai n cuta terwyl jy vir die see kyk en n yskoue 2M geniet. Slegs kontant kroeg toegelaat. Chalets is 100-500m van die see af gelee en kan tussen 4-18 mense akkommodeer en is toegerus vir selfsorg. Sommige met see uitsig, sommige met privaat splash pool. Beddegoed word voorsien, bring u eie handdoeke en swemhanddoeke. Kamppeer plekke 100-500m van die strand af elk met sy eie privaat ablusie en geriewe op die staanplek. Toegangbaar met 4x4 karavane, boswaens en off road trailers. Staanplekke onder heerlike koeltebome. Ons gebruik ‘n kragopwekker en solar krag vir ligte en yskaste. Die oord het ‘n boorgat en bied skoon drinkwater. Ons maak ook gereeld bonfire en braai op strand veral onder die volmaan. Ons is hier om u verblyf so spesiaal en gemaklik as moontlik te maak en sien uit na u besoek. Asemrowende goue môres… daar waar die tyd stilstaan en slegs die geruis van die branders hoorbaar is. Hernu en streel jou siel in hierdie kaalvoet paradys op jou deurdrumpel. Kontak ons gerus op
WhatsApp (+258) 845462263 of
Epos: [email protected] of [email protected]
Website: https://machuboresort.com
Daar is ook 'n navrae vorm op die webwerf vir u gerief. Location:
25°33'01.6"S 32°51'59.3"E
Ons help met alle grens benodighede en prosedures. Vra gerus.