Plaastoe Gastehuis - Gariep Dam Suid Vrystaat

  • Home
  • Plaastoe Gastehuis - Gariep Dam Suid Vrystaat

Plaastoe Gastehuis - Gariep Dam Suid Vrystaat Plaastoe is geleë op 'n funksionele Karoo skaapplaas in die Suid-Vrystaat, slegs 8 km vanaf die N1. Ons is ideaal vir oornag of lui-lekker langnaweke.

Die plaas bied vars lug, helder sterre, 'n wye verskeidenheid voëllewe en voëlsang, baie ruimte vir lang wandelinge en 'n rustige atmosfeer waar tyd stilstaan. Plaastoe Gastehuis is ideaal geleë om u ‘n broodnodige wegbreek te bied en om ‘n goeie nagrus vir die lang pad vorentoe te verseker. Ons gastehuis bied akkommodasie vir slegs een gesin van vyf mense. Dit verseker dat u rustig en privaat kan ontspan en oornag. Ons bied heerlike tuisgemaakte maaltye, van vars plaasprodukte gemaak.

18/12/2025

Só stel Boikie Monareng, stigter en uitvoerende direkteur van die Run Boikie Run-sportsontwikkelingstrust homself voor ná hy die halfpadmerk van sy moordende 1 921 km lange tog te voet van Musina i...

Dankie aan my kosbare gaste, Schalk en Marlé vir hierdie pragtige fotos wat hul vir ons gestuur het met die volgende woo...
15/12/2025

Dankie aan my kosbare gaste, Schalk en Marlé vir hierdie pragtige fotos wat hul vir ons gestuur het met die volgende woorde: 'Elkeen vertel die mooi en geniet wat ons kon raaksien'

Boikie en sy crew is vandag en môre in ons area!Hy oornag vanaand by ons in die gastehuis, en ons is só dankbaar en opge...
11/12/2025

Boikie en sy crew is vandag en môre in ons area!
Hy oornag vanaand by ons in die gastehuis, en ons is só dankbaar en opgewonde om hom hier te hê. 💙

Dankie aan Marlo wat hulle vanaand geborg het sonder om haarself verder te identifiseer — jou hart is regtig so nederig en mooi.
Matteus 6:3 “Maar jy, wanneer jy liefdadigheid doen, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.”

Boikie hardloop vir ’n ongelooflik mooi doel — drie kinderhuise, anti-bullying, en skoolskoene vir kinders. Hy het al meer as 1 000 km van Bela-Bela af aangehardloop! 💪🏻💙

Sy project se naam is “Run Boikie Run”. 🩵💙🩵

As julle hom op die N1 raaksien, toet gerus en moedig hom aan — elke bietjie ondersteuning beteken vir hom en sy span só baie.

Môreoggend, wanneer hy van hier af vertrek, gaan ons vriende en familie ’n stukkie saam met hom hardloop en fietsry. Wat ’n voorreg om deel te kan wees van so ’n spesiale reis. 💙🌟

🐐🌱 Lentevreugde op die plaas! 🌱🐐Ons geliefde Saanen-bokkie, Doey, het in September twee pragtige tweeling ooitjies gehad...
08/10/2025

🐐🌱 Lentevreugde op die plaas! 🌱🐐
Ons geliefde Saanen-bokkie, Doey, het in September twee pragtige tweeling ooitjies gehad! Sy het intussen ook ‘n skaap hanslammetjie aangeneem.
Dis ook lamtyd en oral hoor ’n mens die vrolike geblêr van lammetjies.
Lente bring nuwe lewe. Wat ’n onbeskryflike voorreg om hier te woon, God se skepping van naby te ervaar en Sy handewerk elke dag raak te sien.

📖 Hooglied 4:16 (AB53)“Ontwaak, noorde wind, en kom, suide wind; waai deur my tuin, dat sy geur kan uitvloei. Laat my be...
03/09/2025

📖 Hooglied 4:16 (AB53)
“Ontwaak, noorde wind, en kom, suide wind; waai deur my tuin, dat sy geur kan uitvloei. Laat my beminde in sy tuin kom en sy edele vrugte eet.”

🌸 Die meisie het so hard aan haar tuin gewerk en hoop nou dat die wind dalk die geur na haar geliefde kan dra. Dit is liefde in sy suiwerste vorm – om elke oomblik aan hom te d**k en alles met hom in gedagte te doen.

Mag ons ons lewens so leef dat ons ’n soet geur aan ons Geliefde Jesus afskenk, in die hoop (en met die sekerheid) dat Hy dit sal ruik en dat dit Sy hart bly maak. 💕
Mag Hy die soet geur van ons “bloeisels” geniet, net soos ek vandag my tuin se geur so diep kon waardeer.

Ná die broodnodige reën het die aarde met soveel dankbaarheid reageer—gras wat groei, bome wat vars blare uitspruit. Dit...
07/01/2025

Ná die broodnodige reën het die aarde met soveel dankbaarheid reageer—gras wat groei, bome wat vars blare uitspruit. Dit is 'n pragtige herinnering dat ons ook met dankbaarheid moet reageer op God se seëninge, selfs die kleinstes.

Soos 1 Tessalonisense 5:16-18 ons herinner: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

Kom ons leef met harte vol dankbaarheid en vreugde!

Ons groot dam is skoon en reg vir somer pret. Hier is 'voor' en 'na' fotos. Dit was baie harde werk, maar die span op di...
08/12/2024

Ons groot dam is skoon en reg vir somer pret. Hier is 'voor' en 'na' fotos. Dit was baie harde werk, maar die span op die plaas het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.

The next generation on our farmPsalm 78:7 So each generation should set its hope anew on God, not forgetting His gloriou...
04/12/2024

The next generation on our farm
Psalm 78:7 So each generation should set its hope anew on God, not forgetting His glorious miracles and obeying His commands.

Rom 1:20 sê - Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien wor...
10/11/2024

Rom 1:20 sê - Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Die 5de Maart is ons plaas deur 'n windstorm/tornado getref en 17 groot bome is omgewaai (van hulle oor die 200 jaar oud...
22/03/2023

Die 5de Maart is ons plaas deur 'n windstorm/tornado getref en 17 groot bome is omgewaai (van hulle oor die 200 jaar oud). Die skuur se dak het groot skade gekry, 'n paar sonpanele is beskadig en die hoenderhokke, voerkraal en skaapkraal se drade en hekke is plat. MAAR, ons het geen diere verloor nie en niemand is beseer nie.

As mens na die fotos kyk kan mens duidelik sien hoe God se hand van beskerming oor ons huis was. Ons pastoor en hegte vriend, Berend Booysen, was vroeg Maandag hier om ons te ondersteun en hy het hierdie pragtige fotos met sy drone vir ons geneem die middag. Baie dankie Berend vir jou omgee en liefde.

Ons werf gaan die winter bietjie meer son kry as in die verlede, en ons kan nou die asemrowende Karoo sonsondergang vanaf die huis ervaar. 😉

Address

Buonapartesfontein Plaas

9922

Telephone

+27824400107

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Plaastoe Gastehuis - Gariep Dam Suid Vrystaat posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Plaastoe Gastehuis - Gariep Dam Suid Vrystaat:

  • Want your business to be the top-listed Hotel?

Share