06/06/2021
JENS BLY GRAAG HIER OOR: Dié sirkelroete verbind van my, Jens Friis, se gunsteling verblyf in die Karoo. Dit sluit 'n wye verskeidenheid oornagplekke in waaronder 'n hotel, gasteplase, gastehuise en 'n nasionale park.
Bekostigbaarheid, atmosfeer, ligging, netheid, veiligheid, maar veral persoonlike aandag is vir my belangrik. Slegs by twee van die plekke hoef jy self kos te maak.
Oorweeg dié roete gerus as jy 'n rit deur die Karoo beplan. Die langste been is 4 ure. Al die ander plekke is minder as 2 ure uitmekaar. Mens kan dus lekker rus-rus ry en die wêreld behoorlik verken. Omdat dit rofweg 'n sirkel is, kan jy op enige plek by die roete aansluit.
Jens Friis (0845810149) van die Groenhuis in Philippolis maak die Facebook-blad, Great Karoo, moontlik. As jy d**k jou toeriste-akkommodasie het dit om op dié lys te verskyn, kontak my gerus per Whatsapp.
1. PHILIPPOLIS: Groenhuis Gastehuis/-plaas
2. NIEU-BETHESDA: Letskraal Gasteplaas
3. NIEU-BETHESDA: The Bethesda Gastehuis (agter Bruno's)
4. KAMDEBOO/GRAAFF-REINET: Langfontein Gasteplaas
5. ABERDEEN: Dorpshuis Gastehuis (en Kamdebo Padstal)
6. BEAUFORT-WES: Karoo Nasionale Park
7. BEAUFORT-WES: Die Skooltjie op Steynskraal Gasteplaas
8. CARNARVON: Stuurmansfontein Gasteplaas
9. CARNARVON: Lord Carnarvon Gastehuis
10. GARIEPDAM: De Stijl Hotel