10/10/2024
Eenheid In Westbrook Beach Met ‘n Pragtige See Uitsig
Beskikbaar vanaf 28/12/24 prys per nag is R3800 (minimum van 5 nagte)
R300 Bespreking Fooi en R1000 Terugbetaalbare Breekskade Deposito is van toepassing.
5 Sunrise Beach is ‘n selfsorg eenheid in Westbrook Beach (15km Suid van Ballito) wat geleë is op die Noordkus van KwaZulu-Natal. Westbrook is ‘n gewilde visvang strand en daar is lewensredders by die hoof strand. Dit is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek by die see.
Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoof slaapkamer is ingerig met 'n koningin grootte-bed terwyl die tweede slaapkamer ‘n dubblel bed het en die derde kamer 2 enkel beddens het. Daar is WiFi in die eenheid en ‘n smart tv.
Die kombuis is volledig toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser en ‘n mikrogolfoond.
Die sitkamer lei uit na ‘n groot balkon met braaigeriewe en stoep meubels en spog met ‘n asemrowende see uitsig.
Daar is ‘n gemeenskaplike swembad beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Kontak Belinda by Prop247
Tel: 032 940 0135
WhatsApp: 064 936 9327
E-Pos: [email protected]