06/10/2026
My kwartaal het met klein bietjie slaap begin.. ons het hopeloos te laat op die plaas weggespring.. ja, nie weggetrek nie, want dit was met n speed.. daar is min dinge vir my so lekker as om so klein bietjie vinnig op ons twee-spoor veldpadjie te ry.. laat my dink aan kleintyd se motorfiets ry saam met my boetie..
Op die N1, net duskant 3 Sisters, kom ons op n ongelukstoneel en staan seker minstens 20minute voor n vragmotorbestuurder besluit om vir ons kant van die verkeer ook n verbyry beurt te gee terwyl ek vir my kinders sê om hul oë toe te hou en wens ek kon my eie oë ook toe hou.. want ek dink nie al die karre het van die vragmotor afgeval nie.. dit was n grusame toneel.. as ons op tyd gery het, kan ek nie help om te wonder of ons veilig sou wees nie.. God is soveel groter as ons klein frustrasies en ongeduld en laat wees.. daar is absoluut níks wat gebeur sonder dat Hy dit reeds weer nie.. tog gee ons so moeilik die leisels oor..
Die kinders het sommer vanmiddag al met sport weggespring! Ek het darem foto's geneem gekry vanoggend van nuwe produkte terwyl my klein "cat nappertjie" n vinnige slapie gevang het en ek kon een faktuur gestuur kry.. so klein bietjie in die winkel regtrek.. en toe is die dag verby.. Eliana was vir 2 wke net by ons, so nodeloos om te sê het sy vandag gehuil vir elke "vreemde" tannie wat in haar rigting kyk.. en ek wens ek kon vir haar sê "toemaar, dit vat mamma ook n week of twee om weer die dorp gewoond te raak.. tenminste het my boerman vanoggend twee groot bosse Inkalelies (hoop ek spel dit reg) vir my gelaai wat ek in my plaastuin gepluk het, so die dorpshuis voel darem meer soos huis..
Ek wil my kombuistafel groen verf en n slag die kassie afskuur wat ek bo die stoof wil hang.. sien, ek het darem tyd gehad vir mooimaakplanne so tussen die min gedoen kry deur.. ek het net tyd op die plaas gekort..
Mag hierdie laaste kwartaal vir jou en my en ons kinders geseënd wees..meer intensioneel wees.. sag wees.. mag ons meer "ek sien jou en hoor jou en voel jou" dae met ons kinders hê..
Of jy nou n wegspring of wegtrek gehad het..