Ngapie Bush Camp

Ngapie Bush Camp Welcome to Ngapie Bush Camp - the perfect bushveld breakaway for groups of minimum 10 and maximum 20 guests. This will soon become your best bushveld getaway.

Self-catering facilities include communal kitchen/lounge/dining and lapa area. Book now!! Ngapie Bush Camp is booked as a whole for groups of friends or family. Perfect for celebrations and weekend get-togethers, on a self-catering basis. Sleeping units are separate from the communal kitchen/lounge/dining area.

31/08/2026
Van die plaas af… direk na die tafel!Die lammers is opgesny, verpak en afgelewer — so ons kon sommer twee voëls met een ...
20/08/2026

Van die plaas af… direk na die tafel!

Die lammers is opgesny, verpak en afgelewer — so ons kon sommer twee voëls met een klap slaan.

Gou ’n pit stop by Cor's Diner vir een van hul pizza specials en natuurlik ietsie koud om te drink om die hitte te wen.

Wanneer die eienaarskap dieselfde is, is dit mos maar besigheid én bemarking in een stop!

📍 Ngapie & Cor’s Diner — lekker Bosveld, lekker kos, lekker mense.

N’GAPIE SE BERG & BOS LENTEDRAFOns sluit September af met ’n stap of draf deur berg en bos.📅 Saterdag 26 September⏰ Wegs...
19/08/2026

N’GAPIE SE BERG & BOS LENTEDRAF

Ons sluit September af met ’n stap of draf deur berg en bos.

📅 Saterdag 26 September
⏰ Wegspring 07:00
📍 Begin en eindig by N’GAPIE Bush Camp
🌿 Roete deur Leopards Cove en terug na N’GAPIE

Kies jou afstand:
🏃 3 km | 4 km | 6 km

En wanneer jy klaar is… begin die lekker deel!

☕ Bosveld Brews is daar met heerlike koffie
🔥 Bring jou vleisie — ons braai!
🌿 Kuier, lag en geniet ’n lekker bosveld-dag
🏡 Bly oor en kry 20% afslag op akkommodasie

En later die oggend gaan ons terug na basics!

🎯 Kettie skiet — wie kan nog behoorlik raakskiet?
💩 Bokdrol spoeg — vir die gewaagdes onder ons!

Dit gaan nie net oor die kilometers nie.
Dit gaan oor die bos, die vars lug, die mense en ’n dag om net weer ’n bietjie asem te haal.

Kom vind jou vrede in die bos. 🌿

📞 066 239 2957

Trek jou tekkies aan, bring jou mense en kom maak ’n dag daarvan!

BOER SOEK ’N VROU…KALKOEN SOEK ’N HEN!Ons bachelor het besluit hy is klaar met die enkellopende lewe.Hy’s op soek na daa...
15/08/2026

BOER SOEK ’N VROU…
KALKOEN SOEK ’N HEN!

Ons bachelor het besluit hy is klaar met die enkellopende lewe.

Hy’s op soek na daardie spesiale hen om saam mee vere te skud, in die son te kuier en hopelik ’n paar mooi kuikens groot te maak.

Hy is beskikbaar, gewillig en volgens homself baie goeie huweliksmateriaal.

Dames, die aansoeke is oop!

Stuur gerus ’n foto, ouderdom en ’n kort beskrywing van jou belangstellings.

Geen hanetjies asseblief — ons soek spesifiek ’n hen!

Stuur na ons nommer 066 239 2957

🐑 SLAGRAMME TE KOOP – BESTEL NOU! 🐑Gehalte plaasvars lamvleis beskikbaar.Kies jou opsie:🐏 Op die hoef – R55/kg(lewende g...
13/08/2026

🐑 SLAGRAMME TE KOOP – BESTEL NOU! 🐑

Gehalte plaasvars lamvleis beskikbaar.

Kies jou opsie:

🐏 Op die hoef – R55/kg
(lewende gewig)

🥩 Karkas – R109/kg
(ongesnyde karkas)

🔪 Verwerk & verpak – R120/kg
(opgesny en verpak volgens jou behoeftes)

🚚 Aflewering in Pretoria en omliggende areas teen Vrydag, 21 Augustus.

Bestel nou om jou lam te verseker. Beperkte hoeveelheid beskikbaar.

📲 WhatsApp 066 239 2957 vir bestellings en navrae.

Moenie wag tot volgende week nie – bestel nou! 🐑

’n Naweek om te onthou!Wat ’n boere-trou-naweek was dit nie!Van Vrydagaand se familiekuier by Leopards Cove, tot Saterda...
11/08/2026

’n Naweek om te onthou!

Wat ’n boere-trou-naweek was dit nie!

Van Vrydagaand se familiekuier by Leopards Cove, tot Saterdag se groot dag en ’n dansvloer wat tot sonop aan die gang was – en dan Sondagoggend nog ’n laaste ontbyt saam voordat meeste huis toe is.

Dit is wat hierdie troue so spesiaal gemaak het: ’n hele naweek van saamwees, lag, kuier en herinneringe maak.
En dan die besondere voorreg om bruidegom se 95-jarige oupa daar te hê – vol lewe en deel van hierdie groot dag. Wat ’n kosbare herinnering vir die hele familie. 🥹❤️

Mariska & Chris, baie geluk met julle huwelik! Julle het absoluut stunning gelyk. 💍🤍

Mag die Here julle huwelik ryklik seën, julle liefde versterk en julle saam deur elke seisoen van die lewe dra.
Mag julle liefde, soos 08.08 ♾️, altyd aanhou groei en nooit eindig nie.

Baie geluk, Meneer en Mevrou Anderson! 🥂

Dankie dat ons deel kon wees van julle besonderse naweek. 🌿❤️

Dankie aan Tannie Stephanie vir die lekker kos en al die reëlings.

Breek weg na die Bosveld by Leopards Cove Soek jy 'n rustige gesinswegbreek waar jy kan ontspan en die natuur geniet?Leo...
06/08/2026

Breek weg na die Bosveld by Leopards Cove

Soek jy 'n rustige gesinswegbreek waar jy kan ontspan en die natuur geniet?

Leopards Cove bied 3 pragtige self-catering eenhede, met elke eenheid wat 4 gaste gemaklik akkommodeer.

✔️ Volledig toegeruste kombuis
✔️ Privaat braai-area by elke eenheid
✔️ Rustige bosveld-omgewing
✔️ Wild wat gereeld op jou voorstoep kom wei

Of dit nou 'n naweek saam met die gesin, vriende of net 'n welverdiende wegbreek is – Leopards Cove is die perfekte plek om asem te skep.

📍 Slegs 20 minute vanaf Bela-Bela.
📞 Besprekings: 066 239 2957
🌐 www.ngapie.co.za⁠�

Kom ervaar die stilte, die natuur en die unieke Bosveld-gasvryheid by Leopards Cove.

08.08 ♾️Sommige datums is net mooi op 'n kalender. Ander dra 'n betekenis.08/08 simboliseer vir baie mense die oneindigh...
02/08/2026

08.08 ♾️

Sommige datums is net mooi op 'n kalender. Ander dra 'n betekenis.

08/08 simboliseer vir baie mense die oneindigheid – 'n liefde sonder einde, twee harte wat kies om saam deur die lewe te stap.

Hierdie Saterdag kry Mariska & Chris hulle vir altyd.

Ons sien ongelooflik uit om hierdie spesiale dag saam met julle te vier. Mag julle huwelik gevul wees met liefde, lag, geloof en ontelbare mooi herinneringe.

Tot Saterdag... die aftel het amptelik begin. 🤍♾️💍

30/07/2026

Niks stop 'n kleintjie om by mamma se melk uit te kom nie. 🐐🤍

Ons tweeling is gisteraand gebore, en vandag het hierdie klein outjie sommer sy eie plan gemaak. Tussen mamma se bene deur, reguit na die melkkroeg!

Dis hierdie klein oomblikke wat die plaaslewe so besonders maak. 🌿

Kersfees by N'gapie Bush Camp 🎄Hierdie Kersfees, gee vir jou familie iets meer as net geskenke... gee hulle tyd saam.N'g...
26/07/2026

Kersfees by N'gapie Bush Camp 🎄

Hierdie Kersfees, gee vir jou familie iets meer as net geskenke... gee hulle tyd saam.

N'gapie Bush Camp akkommodeer tot 18 gaste en is die ideale bestemming vir familie-Kersfees, groot familie-wegbreke, jaarafsluitings of 'n rustige naweek saam met vriende.

Geniet:
• Visvang by die spruit
• Kuier om die boma
• Privaat Bosveld-verblyf
• Rustigheid en natuur op jou voorstoep

Bespreek al die eenhede en ontvang 10% afslag.

By N'gapie glo ons in eenvoudige pryse – een vaste tarief vir die jaar. Geen binne- of buite-seisoen tariewe nie.

Desember-datums vul vinnig op, so bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.

📞 066 239 2957
🌐 www.ngapie.co.za

N'gapie Bush Camp – waar Kersfees-herinneringe gemaak word. 🌿

Address

Droogekloof
Bela-Bela
0480

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ngapie Bush Camp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ngapie Bush Camp:

Shortcuts

Share

Category