Ngapie Bush Camp

Call Directions Website Contact the business

Ngapie Bush Camp Welcome to Ngapie Bush Camp - the perfect bushveld breakaway for groups of minimum 10 and maximum 20 guests. This will soon become your best bushveld getaway.

Self-catering facilities include communal kitchen/lounge/dining and lapa area. Book now!! Ngapie Bush Camp is booked as a whole for groups of friends or family. Perfect for celebrations and weekend get-togethers, on a self-catering basis. Sleeping units are separate from the communal kitchen/lounge/dining area.

18/10/2026

Kom kuier by ons en kom sê hallo vir ons lammers vir enige iemand

16/10/2026

N’GAPIE YOUNG CREATORS CHALLENGE!Ons wil N’GAPIE deur jóú oë sien!Kuier julle by ons in die Bosveld? Dan is hierdie komp...
16/10/2026

N’GAPIE YOUNG CREATORS CHALLENGE!

Ons wil N’GAPIE deur jóú oë sien!

Kuier julle by ons in die Bosveld? Dan is hierdie kompetisie vir jou!

Ons daag alle skoolgaande kinders wat van nou af tot 31 Januarie by N’GAPIE kom kuier, uit om hul kreatiwiteit los te laat en vir ons 2 oorspronklike video's van hul kuier te maak.

Wys ons wat N’GAPIE vir jóú besonders Maak! Of dit nou die dam, die natuur, die verblyf, die boma of sommer net die lekker Bosveld-atmosfeer is — ons wil dit deur jou oë beleef!

Ons bied selfsorgverblyf, so bring jou mense saam, kom rus lekker en maak mooi herinneringe.

🏆 WAT KAN JY WEN?
🥇 ’n Naweek se verblyf by N’GAPIE ter waarde van R3 000
💵 Plus R1 000 kontant!

📱 HOE WERK DIT?
1️⃣ Kuier by N’GAPIE tussen nou en 31 Januarie.
2️⃣ Maak 2 oorspronklike video's tydens julle kuier en gee dit vir ons.
3️⃣ Ons plaas die video's op ons Instagram-blad.
4️⃣ Februarie is stemtyd! Geen nuwe video's word dan geplaas nie — mense kan net die video's wat reeds daar is, like.
5️⃣ Die video met die meeste likes teen 28 Februarie wen!

🎉 Die wenner word op 1 Maart aangekondig.

👨‍👩‍👧 BELANGRIK VIR OUERS
Omdat die deelnemers minderjarig kan wees, moet ’n ouer of wettige voog vooraf toestemming gee vir deelname, asook vir die video-opname en die publikasie daarvan op N’GAPIE se sosiale media. Maak asseblief seker dat julle kind se privaatheid gerespekteer word en dat hulle gemaklik is om deel te neem.

📞 Navrae en besprekings: 066 239 2957

Bring jou kreatiwiteit, vang daardie mooi oomblikke vas en wys vir ons jou N’GAPIE-storie!

14/10/2026

Millhouse by N’GAPIE

Stel jou voor… jy word wakker met die stilte van die Bosveld, voel die vars lug op jou vel en geniet ’n verkwikkende buite-stort onder die oop hemel.

Millhouse is een van ons 6 unieke eenhede by N’GAPIE — ’n knus wegbreekplek vir twee, met sy eie badkamer en ’n regte, werkende meul.

Daar is ook ’n groot gedeelde kombuis en kuierarea waar die ou jukebox nog musiek maak.

Kom sit rustig, skink iets lekkers, deel ’n storie en laat die alledaagse lewe vir ’n rukkie agter.

📸 Ons is ook op Instagram! Volg N’GAPIE vir nog Bosveld-oomblikke, video’s en ’n kykie na alles wat hier gebeur.

📞 Besprekings en navrae: 066 239 2957

12/10/2026

Ons kuier nou ook op Instagram!

Volg ons gerus daar, want ons gaan nog meer gereeld foto’s en video’s deel van alles wat op die plaas gebeur. Van die Bosveld se mooi natuurtonele en ons diere tot die lekker kuierplekke en al die spesiale oomblikke by N’GAPIE.

Daar is altyd iets aan die gang op die plaas, en nou kan julle nog meer daarvan saam met ons beleef!

👉 Gaan volg ons op Instagram en kom kuier saam!

📲 Soek vir ons op Instagram: N’GAPIE Bush Camp

Dankie dat julle deel is van ons storie!

MAAK BOSVELD-MOOI HERINNERINGE!Ken julle daai gevoel as jy in die Bosveld aankom, die stad se geraas agter jou los en so...
09/10/2026

MAAK BOSVELD-MOOI HERINNERINGE!
Ken julle daai gevoel as jy in die Bosveld aankom, die stad se geraas agter jou los en sommer net weer lekker kan asemhaal? Die rustigheid, die natuur, ’n vuurtjie wat brand en mense vir wie jy lief is, om jou. Dít is mos nou lekker!

By Ngapie Bush Camp wil ons vir julle ’n plek bied waar julle kan saamkuier, lekker lag en net tyd saam geniet.

Ons het 6 luuks ingerigte eenhede met slaapplek vir tot 17 gaste. Elke eenheid het sy eie badkamer, en daar is ’n gemeenskaplike kombuis en kuierarea waar almal kan saam eet, gesels en kuier.

Bring die familie vir ’n reünie, kom kuier saam met julle vriende, hou ’n verjaardag, beplan ’n bosberaad of kom geniet sommer net ’n naweek weg van die alledaagse gejaag.

Want op die ou end gaan dit nie net oor waar jy bly nie, maar oor die mense saam met wie jy die tyd deel en die herinneringe wat julle maak.

Bring jou mense en kom geniet die Bosveld saam met ons!

📞 Skakel of WhatsApp ons by 066 239 2957 vir beskikbaarheid en pryse.

🌐 www.ngapie.co.za

N’GAPIE Bush Camp – waar julle kan kom rus, saamkuier en sommer net lekker mens wees.

Address

Droogekloof
Bela-Bela
0480

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ngapie Bush Camp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ngapie Bush Camp:

Shortcuts

Share

Category