Met net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n half uur van Durban af, lê ATKV-Drakensville-vakansieoord naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêrelderfenisgebied. ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese landmerke en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing. Die oord het
’n verskeidenheid akkommodasie, avontuur-aktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel. Die ATKV-Drakensville – perfek vir jou sprokietroue, ‘n suksesvolle konferensie of ‘n spiekeries spanbouprogram! Semifinalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.