Lettie Fouché Skool

Call Directions Website Contact the business

Lettie Fouché Skool ONS STORIE

Lettie Fouché Skool is n skool vir verstandelik erg gestremde leerders en streef daarna om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.

Gelukkige BASEDAG aan ons wonderlike hoof en adjunkhoofde! Dankie vir alles wat julle vir ons doen. ✨Julle is TOPS!
16/10/2026

Gelukkige BASEDAG aan ons wonderlike hoof en adjunkhoofde! Dankie vir alles wat julle vir ons doen. ✨
Julle is TOPS!

13/10/2026
🌸✨ ’n Spesiale Onderwysersdag by Bloem Spa! ✨🌸Op 23 September 2026 is ons as personeel van Lettie Fouché Skool behoorlik...
05/10/2026

🌸✨ ’n Spesiale Onderwysersdag by Bloem Spa! ✨🌸

Op 23 September 2026 is ons as personeel van Lettie Fouché Skool behoorlik bederf ter viering van Wêreld Onderwysersdag. ❤️💙

Ons het die oggend by Bloem Spa deurgebring ’n heerlike ontbyt geniet en ekker saam gekuier.

Baie dankie aan almal wat hierdie spesiale dag moontlik gemaak het en vir elke onderwyser wat elke dag met liefde, geduld en toewyding ’n verskil in ons leerders se lewens maak. 🫶 💙❤️

01/10/2026

🐘🚨 BLOEMFONTEIN – LEES ANDERS!🚨🐘

Tippie kom Vrystaat toe! Saam met skrywer Reinette Lombard ontdek ons praktiese, kreatiewe maniere om lees in die grondslagfase weer lekker en opwindend te maak.

🎉 GRATIS werkswinkel | 🏆 SACE-punte
📅 16 Oktober 2026
⏰ 14:00 – 16:00
📍 Lettie Fouché Skool, Bloemfontein

Ons kyk na hoe om lees pret te maak, kinders se selfvertroue te bou, en praktiese idees vir jou klas.

Ons wil hê kinders moet wíl lees! 💜📖

📲 Registreer: https://forms.gle/DTj6cqaegsDwq2AH6

🏆🚴‍♂️ LETTIE-WENNERS SKITTER BY DIE SA JEUGKAMPIOENSKAPPE! 🇿🇦🥇Ons is ongelooflik trots op ons twee kampioene, Izak en Ch...
01/10/2026

🏆🚴‍♂️ LETTIE-WENNERS SKITTER BY DIE SA JEUGKAMPIOENSKAPPE! 🇿🇦🥇

Ons is ongelooflik trots op ons twee kampioene, Izak en Christiano, wat uitstekende prestasies behaal het!

🥇 Izak het twee goue medaljes verower en is ook in die Suid-Afrikaanse parafietsryspan opgeneem! Hy is boonop die enigste tri-cyclist in die SA-span! 🇿🇦🙌🎉

🥇 Christiano het goud in die Time Trial en silwer in die Road Race verower. Wat 'n besonderse prestasie! 🥇🥈

Die SA Youth Road and Time Trial Championships het op 26 en 27 September 2026 in Oudtshoorn plaasgevind. Dit was 'n historiese geleentheid, aangesien parafietsryers vir die eerste keer aan die kampioenskappe deelgeneem het.

Baie geluk aan Izak en Christiano! Julle harde werk, deursettingsvermoë en vasberadenheid maak ons ongelooflik trots. Julle is ware kampioene en 'n inspirasie vir ons almal! 💙

LETTIE-WENNERS! JULLE MAAK ONS TROTS! 🏆🥳

25/09/2026

🎯 ’N GROOT DANKIE AAN ONS WONDERLIKE BORGE! 🎯

Elke bydrae, groot of klein, het gehelp om van Lettie Fouché Skool se Skietdag ’n besondere en suksesvolle dag te maak. 🧡

Ons waardeer elke borg wat bereid was om ’n hand uit te reik en saam met ons te belê in ons leerders, hul geleenthede en hul toekoms. Julle ondersteuning wys dat dit wat ons by Lettie Fouché doen, deur ons gemeenskap raakgesien en waardeer word. ❤️

Dankie dat julle saam met ons mik na ’n beter toekoms! 🎯

Lettie Fouché Skool
“Ons is Lettie Wenners!” 🏆

Address

46A Bloemendal Road, Reyton
Bloemfontein
9310

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27514366770

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lettie Fouché Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Lettie Fouché Skool:

Shortcuts

Share