Fichie Huis

Fichie Huis Fichie Huis is die hartklop van die skool – ’n waardegedrewe tuiste, jou huis weg van die huis.

Fichie Huis Trots 💙💛Ons as Fichie Huis is ongelooflik trots op die volgende leerders wat verkies is tot Hoërskool Fichar...
26/08/2026

Fichie Huis Trots 💙💛

Ons as Fichie Huis is ongelooflik trots op die volgende leerders wat verkies is tot Hoërskool Fichardtpark se VRL vir die 2026/2027-termyn! 👏✨

Graad 9:
Kayla Nel • Siya Rabe • Stefan Botha
Graad 10:
Ané Botha

Baie geluk aan elkeen van julle! Ons sien uit daarna om julle leierskap en positiewe bydrae in die skoolgemeenskap te sien.🦁

𝘽𝘼𝙄𝙀 𝙂𝙀𝙇𝙐𝙆! Mag die jaar gevul wees met vreugde, avontuur en liefde!
22/08/2026

𝘽𝘼𝙄𝙀 𝙂𝙀𝙇𝙐𝙆!
Mag die jaar gevul wees met vreugde, avontuur en liefde!

𝗥𝗘𝗞𝗢𝗥𝗗𝗘𝗞𝗦𝗔𝗠𝗘𝗡Sterkte aan al ons matrieks met julle rekordeksamen! Mag julle met selfvertroue, fokus en vasberadenheid el...
20/08/2026

𝗥𝗘𝗞𝗢𝗥𝗗𝗘𝗞𝗦𝗔𝗠𝗘𝗡

Sterkte aan al ons matrieks met julle rekordeksamen! Mag julle met selfvertroue, fokus en vasberadenheid elke vraestel aanpak. Julle harde werk en voorbereiding sal vrugte afwerp.

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”
Filippense 4:13

Ons glo in julle!

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗨𝗜𝗦: 𝗛𝗢𝗢𝗙𝗟𝗘𝗜𝗘𝗥𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟳Baie geluk aan Marice van der Merwe en David Botha wat as die koshuis se hoofleiers vir 2027...
18/08/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗨𝗜𝗦: 𝗛𝗢𝗢𝗙𝗟𝗘𝗜𝗘𝗥𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟳

Baie geluk aan Marice van der Merwe en David Botha wat as die koshuis se hoofleiers vir 2027 aangewys is!

Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle sukses toe met hierdie besondere leiersrol. Mag julle Fichie Huis met trots, integriteit en toewyding lei!

𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞𝗞𝗜𝗚𝗘 𝗩𝗥𝗢𝗨𝗘𝗗𝗔𝗚 🌸Vandag vier ons die besondere vroue wat elke dag met krag, wysheid, liefde en toewyding ’n verskil m...
09/08/2026

𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞𝗞𝗜𝗚𝗘 𝗩𝗥𝗢𝗨𝗘𝗗𝗔𝗚 🌸

Vandag vier ons die besondere vroue wat elke dag met krag, wysheid, liefde en toewyding ’n verskil maak.

Aan elke vrou in ons Fichie-familie – ons sien julle, ons waardeer julle en ons is dankbaar vir die unieke rol wat elkeen van julle in ons skool en gemeenskap vervul.

Mag julle vandag opnuut herinner word aan jul waarde en die besondere invloed wat julle op die mense rondom julle het.

Gelukkige Vrouedag aan al ons Fichie-dames!

𝗚𝗘𝗡𝗜𝗘𝗧 𝗝𝗨𝗟𝗟𝗘 𝗩𝗔𝗞𝗔𝗡𝗦𝗜𝗘, 𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘𝗦!Ons wens elke leerder ’n heerlike en veilige vakansie toe. Rus goed, maak mooi herinnerin...
26/06/2026

𝗚𝗘𝗡𝗜𝗘𝗧 𝗝𝗨𝗟𝗟𝗘 𝗩𝗔𝗞𝗔𝗡𝗦𝗜𝗘, 𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘𝗦!

Ons wens elke leerder ’n heerlike en veilige vakansie toe. Rus goed, maak mooi herinneringe en kom weer met nuwe energie terug vir die volgende kwartaal.

𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞𝗞𝗜𝗚𝗘 𝗩𝗔𝗗𝗘𝗥𝗦𝗗𝗔𝗚Vandag vier ons die pa’s, oupas, voogde, mentors en vaderfigure wat met liefde, leiding en opoffering...
21/06/2026

𝗚𝗘𝗟𝗨𝗞𝗞𝗜𝗚𝗘 𝗩𝗔𝗗𝗘𝗥𝗦𝗗𝗔𝗚

Vandag vier ons die pa’s, oupas, voogde, mentors en vaderfigure wat met liefde, leiding en opoffering ’n verskil maak in kinders se lewens.

Dankie vir elke woord van bemoediging, elke stille opoffering en elke oomblik van ondersteuning.

Ons eer en waardeer julle vandag.

𝗝𝗘𝗨𝗚𝗗𝗔𝗚 𝟮𝟬𝟮𝟲 Vandag vier ons die moed, deursettingsvermoë en drome van die jeug wat die toekoms van ons land vorm.Mag ju...
16/06/2026

𝗝𝗘𝗨𝗚𝗗𝗔𝗚 𝟮𝟬𝟮𝟲

Vandag vier ons die moed, deursettingsvermoë en drome van die jeug wat die toekoms van ons land vorm.

Mag julle aanhou glo, groei en die verskil maak waarvoor julle bestem is.

🅵🅸🅲🅷🅸🅴 🅷🆄🅸🆂🦁𝑭𝒊𝒄𝒉𝒊𝒆 𝑯𝒖𝒊𝒔 𝒈𝒆𝒆 𝒗𝒍𝒆𝒓𝒌𝒆 𝒂𝒂𝒏 𝒉𝒆𝒓𝒊𝒏𝒏𝒆𝒓𝒊𝒏𝒈𝒆 🪁Op Donderdag, 11 Junie het Fichie Huis die voorreg gehad om die inw...
13/06/2026

🅵🅸🅲🅷🅸🅴 🅷🆄🅸🆂
🦁

𝑭𝒊𝒄𝒉𝒊𝒆 𝑯𝒖𝒊𝒔 𝒈𝒆𝒆 𝒗𝒍𝒆𝒓𝒌𝒆 𝒂𝒂𝒏 𝒉𝒆𝒓𝒊𝒏𝒏𝒆𝒓𝒊𝒏𝒈𝒆 🪁

Op Donderdag, 11 Junie het Fichie Huis die voorreg gehad om die inwoners van Trans 50 Aftreeoord in Fichardtpark te besoek as deel van die viering van, Month of the Elderly.

Die dag het nie net gegaan oor die maak van vlieërs nie, maar oor die skep van kosbare oomblikke, die deel van stories en die bou van brûe tussen geslagte. Met kreatiwiteit, lag en sorg het die inwoners hul eie unieke vlieërs ontwerp – elkeen ’n weerspieëling van ’n lewe vol herinneringe, wysheid en ervaring.

Dit was besonders om te sien hoe vaardige hande en kreatiewe geeste saam iets moois skep. Die vlieërs het ’n simboliese herinnering geword dat drome, vreugde en kreatiwiteit geen ouderdom ken nie.

Baie dankie aan die inwoners van Trans 50 Aftreeoord vir die warmte waarmee julle ons ontvang het. Julle stories, wysheid en lewenslus het ons harte ryker gemaak.

“Soms is die mooiste deel van ’n vlieër nie hoe hoog dit vlieg nie, maar die hande en harte wat dit gemaak het.”



💙🦁☀️

08/06/2026

𝗪𝗢𝗥𝗗 𝗗𝗘𝗘𝗟 𝗩𝗔𝗡 𝗗𝗜𝗘 𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗨𝗜𝗦-𝗙𝗔𝗠𝗜𝗟𝗜𝗘! 🦁

Inskrywings vir 2027 by Fichie Huis is nou oop!

Fichie Huis is meer as net 'n koshuis – dit is 'n tweede tuiste waar vriendskappe gevorm word, karakter gebou word en leerders die ondersteuning ontvang om hul volle potensiaal te bereik.

Hier word tradisie, dissipline, omgee en Fichie-trots daagliks uitgeleef. Ons skep 'n veilige en ondersteunende omgewing waar elke inwoner kan groei, leer en behoort.

Of dit op die sportveld, in die klaskamer of tydens kultuuraktiwiteite is – by Fichie Huis stap ons saam die pad na sukses.

🌐 Laai jou aansoekvorm af op Fichies se webblad:

www.fpark.co.za
https://www.fpark.co.za/koshuis/

Moenie wag nie – verseker vandag nog jou plek in die Fichie Huis-familie!

🏡 Fichie Huis – Jou tuiste weg van die huis.

Address

H/v Swanepoelstraat En Van Iddekingerylaan 25
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fichie Huis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category