Casablanca Overnight Accommodation and Camping 2.0

Casablanca Overnight Accommodation and Camping 2.0 Casablanca Overnight Accommodation and Camping

11/11/2025
Wonderlike reën
10/11/2025

Wonderlike reën

“Ons verwag dat besoekers binne die volgende paar dae ’n merkwaardige transformasie sal beleef. Die rooi duine en droë vlaktes gaan plek maak vir ’n groen tapyt wat min mense al in die Kalahari aanskou het.”

Beslis die lekkerste kos in Calvinia. Stop gerus daar wanneer julle deurry Brandvlei toe. Hulle maak baie lekker kerriem...
02/11/2025

Beslis die lekkerste kos in Calvinia. Stop gerus daar wanneer julle deurry Brandvlei toe. Hulle maak baie lekker kerriemince vetkoeke!

n Paar dinge om te weet voor jy jou kamp opslaan by Verneukpan .As jy nog nie van Verneukpan gehoor het nie – dis ’n mas...
30/10/2025

n Paar dinge om te weet voor jy jou kamp opslaan by Verneukpan .

As jy nog nie van Verneukpan gehoor het nie – dis ’n massiewe soutpan in die Noord-Kaap, naby Brandvlei. Sy naam kom van die woord “verneuk”, wat beteken om iemand te flous, want van ver af lyk dit of daar water lê – maar dis net ’n warm, droë illusie! Die pan is sowat 57 km lank en 11 km breed, en staan bekend as een van die mees eensaamste plekke in Suid-Afrika.

Hier is ’n paar kamptips as jy beplan om hierdie ikoniese stuk grond te besoek 👇

Tip 1: Moenie in die verkeerde tyd van die jaar gaan nie!
Van September tot vroeg Maart waai die wind soms so erg dat jy jou tent kan verloor! Die beste tyd vir ’n rustiger kamp sonder wind is April tot Augustus.

Tip 2: Daar is geen water of fasiliteite op die pan nie – bring genoeg drink- en waswater saam vir jou hele verblyf.

Tip 3: Kamp hier is nie oor gerief nie – dis oor die ervaring! Die naghemel is ongelooflik helder, met miljoene sterre soos jy dit nêrens anders sal sien nie.

Tip 4: Om by die pan uit te kom moet jy deur plaasgrond ry, en die boere vra gewoonlik ’n toegangsfooi van sowat R100 – R150 per voertuig. Betaal met ’n glimlag – hulle hou hierdie plek in stand.

Tip 5: As jy lus is vir ’n uitsig van bo af, ry na Verneukberg, ’n klein koppie waar jy kan uitklim vir ’n pragtige voëlvlug-uitkyk oor die pan.

Tip 6: Daar is geen selfoonsein op die pan nie, maar waar jy by die boer se huis betaal, kan jy vriendelik vra om gou hul WiFi te gebruik om daai laaste WhatsApp te stuur.

Tip 7: Jy kan oral op die pan kamp – kies net ’n plek wat vir jou reg voel en maak seker jy laat niks agter nie.

Tip 8: ’n Een- of twee-nag verblyf is perfek. Dis genoeg tyd om die stilte en skoonheid te geniet sonder om in die son vas te brand!

Tip 9: Daar is geen vuurhout of hout beskikbaar nie – bring jou eie.

Tip 10: Wees voorbereid – somer is bloedwarm (meer as 40°C) en winter kan ysig koud wees.

Verneukpan is nie vir almal nie – maar as jy lief is vir stilte, sterre, en ware wildernis, is dit ’n ervaring wat jy nooit sal vergeet nie!

Geskryf deur Bean Extreme

BrandvleiStilte is ’n klank.Dit neurie deur die veld(soos ’n vraag wat niemand durf antwoord nie).Stilte lê tussen wind ...
27/10/2025

Brandvlei

Stilte is ’n klank.

Dit neurie deur die veld
(soos ’n vraag wat niemand durf antwoord nie).

Stilte lê tussen wind en stof —

in die asemhaling voor ’n ma se roep,
in die rus ná ’n kind se antwoord,
in die oomblikke wat ’n man aarsel
(voor hy sê wat hy later sal betreur).

Snags word die stilte swaarder.

Dit strek oor sinkplate,
oor gekraakte teerstrate,
en gaan lê op die kerktoring.

Selfs die sterre lyk versigtig —

Soms, as die wind draai,
kan jy amper hoor hoe die aarde onthou.

Nie pyn nie —
maar iets ouer as dit,

iets wat bestaan het
lank voor mense dit ’n naam gegee het.

Die veld onthou voetstappe
wat met geloof gekom het,
en ander wat gevlug het
omdat daar nêrens meer was om heen te gaan nie.

Die oggend breek skielik aan —
asof die son self op toestemming gewag het.
Die eerste lig
word vasgevang
tussen die stof in die lug,

en vir ’n teug lank gloei alles:
die heinings,
die koppies,
die moë blou van die horison.

Daar is ’n heiligheid
aan hierdie alledaagsheid,
hierdie lug
en hierdie grond.

Dit vergewe sonder om iets te sê.

En in daardie stil vergifnis hoor ek
my eie begin—

klein,

onseker,

’n neurie,

in dieselfde toonaard
as die grond
wat my
grootgemaak
het.

J.J. Visser

Welcome to our page. Casablanca Overnight Accommodation and Camping 2.0 is a special place to be.
27/10/2025

Welcome to our page.
Casablanca Overnight Accommodation and Camping 2.0 is a special place to be.

Address

41 Sarel Cilliers Street
Brandvlei
8915

Telephone

+27663036396

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Casablanca Overnight Accommodation and Camping 2.0 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share