02/09/2026
Vandag 14 km in 24 minute getrap by die CEO Cycle Challenge.
Kliphard. Gemiddeld 35 km/h. Maar vir iets baie groter as ’n fietsrit.
Die uitdaging ondersteun jong mense met talent en help om vir hulle toegang tot onderwys, mentorskap, toerusting en geleenthede te gee.
14 km se sweet vir iemand anders se kans.
Talent is oral. Geleentheid is nie.
Dankie Johnny Burger vir die uitnodiging en dat ek deel kon wees van iets wat regtig saak maak.
As jy kan help, help. As jy kan gee, gee. As jy die storie kan deel, deel hom. ’n Klein bydrae van jou kant kan ’n groot deur vir iemand anders oopmaak.
Ondersteun die CEO Cycle Challenge en die Legacy Project hier:
https://ceochallenge.co.za/ceo-cycling-challenge/