06/10/2026
🤍n Stukkie trougeskiedenis by The Kingsman
Tannie Martie Le Roux se pragtige vintage trourok word hierdie week by The Kingsman Boutique Hotel uitgestal.
Tannie Martie was getroud met oom Philip Le Roux, wat vir baie jare as die oogarts op die dorp bekend was.
Die rok dateer vermoedelik uit die 1930’s–1940’s en is ’n pragtige voorbeeld van die elegansie van daardie era — met ivoor satyn, delikate kant-insetsels en ’n sagte, vloeiende silhoeët.
’n Rok wat nie net mooi is nie, maar ook ’n liefdesverhaal en ’n stukkie van Burgersdorp se geskiedenis bewaar. 🤍
Kom bewonder hierdie besondere rok hierdie week by The Kingsman. ✨