04/05/2021
Ons is absoluut geseënd om sulke wonderlike terugvoering van ons gaste te ontvang.
Ons hoop om julle gou weer terug te verwelkom!
"Goeie more Trudy en Peter.
Ons het probeer om n review op te sit na n lieflike oornag verblyf, maar word nie toegelaat op die webblad. Vir n onbekende rede se dit ons moes eers daar oorgebly het om dit te doen. 🤔Seker fout met die blad of iets, maar wou net laat weet. Nogmaals dankie vir die plante waarmee julle ons so geseen het en hartlike gasvryheid waarmee julle ons geseen het. Ons spreek Gods rykste seen uit oor julle lewe en ook oor die verkoop van jul huis en julle nuwe verblyf aan die Weskus. Wie weet, dalk kruis ons paaie weer. Mooi loop met julle hande veilig toegevou in die van ons Koning Jesus.
Vriendelike groete.
Johann en Rienie Steffens, Kingsway, Gamtoos🦋"