29/12/2017
Kaalvoet Koos is amptelik op die been en is nou te huur as selfsorgverblyf in Jacobsbaai. Dis 'n klein visserstylhuis sowat 200 m vanaf die see met drie kamers, elkeen met 'n dubbelbed en 'n eie badkamer. Stuur gerus vir my 'n boodskap as jy belangstel of meer inligting verlang!