24/08/2022
INTER-PROVINSIALE HOKKIE TOERNOOI
Ons wens vir Chadwin Petersen, as assistent-afrigter van die Northerns senior mans A-span, sterkte toe met die opkomende Inter-Provinsiale Hokkie Toernooi wat plaasvind vanaf 29 Augustus tot 3 September. Ons is baie trots dat hy deel is hierdie uitsonderlike toernooi.
Hoërskool Eldoraigne is bevoorreg om as een van die gasheer fasiliteite deel te vorm van die toernooi. Almal is welkom om hierdie hoëvlak hokkie as toeskouers te kom geniet. Die program sal beskikbaar gestel word.