10/01/2026
As bestuur en staf van "Tendeni Ranch" is ons dankbaar vir ons gaste se ondersteuning in 2025, hoop dan ook almal het sommer n gatskop 2026. Baie trots om te sê 2025 het ons geleentheid gegee om 3 x Lux eenhede, vol toegerus en 15 kampstaanplekke by ons huidige verblyf opsies van Farmhouse, 6 x Glamptente en 2 x Bostente te voeg. Besprekings is oop vir groepe, verjaarsdae of sommer net n lekker "date" naweek.
Tendeni is die regte plek om te kom geniet. Tendeni is slegs 60km noord van Pta, binne die bavaria area van Dinokeng groot 5. Tendeni bied ook Big 5 Guided game drives.Vir meer inligting en navrae WhatsApp 0834547033.