02/08/2026
https://www.facebook.com/share/197KBNWxab/?mibextid=wwXIfr
🚐 En so kom nog 'n *Ons Slaap Rond*-naweek tot 'n einde...
Wat 'n ongelooflike rustige naweek by Be Our Guest @ Kramersfontein! 🌅🎣
Vrydagmiddag het ons kamp opgeslaan, die lyne in die water gegooi en later die aand 'n lekker worsie, steak, braaibroodjies en slaai geniet. Die wind het later opgesteek en dit het lekker koud geraak, maar dit het gesorg vir 'n heerlike rustige nag se slaap.
Saterdagoggend was dit tyd vir bacon en eier op 'n braaibroodjie. 🥓🍳 Die vis het mooi geloop en hoewel die wind later weer opgesteek het en dit warm geword het, het dit nie die naweek bederf nie.
Saterdagaand was dit tyd vir 'n lekker potjie, en die vis het steeds gebyt. Soos gewoonlik was ons teen 22:00 al in die bed toe die koue weer begin intrek.
Vanoggend het ons rustig opgepak en was ons veilig omstreeks 13:00 weer by die huis.
Die donkie het die hele naweek gebrand, so warm water was nooit 'n probleem nie, al is ons gewaarsku dat die pype soms in die koue vries.
Met ons aankoms Vrydag is al ons wiele gespuit as deel van die bek-en-klouseer voorsorgmaatreëls, iets wat ons waardeer.
Weereens het Be Our Guest @ Kramersfontein nie teleurgestel nie. As jy op soek is na rus, stilte, visvang en net 'n kans om asem te skep, kan ons dié plekkie beslis aanbeveel.
Dankie vir almal wat ons avontuur gevolg het! ❤️
Ons sien julle weer die naweek van 28 Augustus... en hierdie keer kom daar 3 ekstra gaste saam! 😁🚐