02/06/2026
Die BROER TOER ’26 het besoek afgelê by Moolmanshoek Privaat Natuurreservaat. ‘n Groep pa’s van Voortrekker Hoërskool is tans op die Broer Toer, waar hulle die afgelope naweek met motorfietse en bakkies die paaie van die Oos-Vrystaat platgery het. Hierdie toer vorm deel van ’n fondsinsamelingsprojek waarvan die opbrengs teruggeploeg word in die koshuis om noodsaaklike benodigdhede aan te koop. Dis meer as net fondsinsameling – die Broer Toer weerspieël die besondere ouergemeenskap, samehorigheid en vriendskap wat tussen die BVHS-ouers bestaan. Dit is werklik deel van die hart en siel van die skool. Sien julle weer volgende jaar!