06/05/2026
Buite laat die bome sagkens hul blare gaan...
takke kaal en eerlik teen die lug,soos ʼn siel wat nie meer kan wegsteek nie.
Die winter kom sit sy koue serp om my skouers,
en stil-stil ook om my hart.
Alles word stiller...stadiger...nader aan die waarheid.
Ek voel ver...
ver van myself
en selfs van Hom wat my naam fluister in die wind.
Maar dalk...
miskien is dit juis hier,
in die gestroopte seisoen,
waar Hy my weer kom vind.
Waar stilte nie leeg is nie,
maar heilig.
Waar vrede nie gesoek word nie,
maar sag in my kom lê.
Kom word stil..
kom lê jou winter neer,
en ontdek weer die warmte van Sy teenwoordigheid en die onthou van jou eie reuk.