26/05/2026
Ons dink hierdie pragtige blommetjies wat tans op die plaas blom, is moontlik Massonia jasminiflora. 🌸
Ek is beslis nie ’n blomme-kenner nie, maar hulle is té besonders om nie af te neem en te deel nie. Die groot groen blare lê plat op die grond, met die mooiste pienk-en-wit blommetjies wat bo-op groei.
Ons sien hulle nie noodwendig elke jaar só volop nie, wat dit net nóg meer spesiaal maak wanneer God ons bederf met hierdie klein juweeltjies van die natuur. 🌿✨