24/05/2026
Vier keer per jaar word daar 'n georganiseerde stap in die Venterstad distrik aangepak waaraan enige persoon kan deel hê. Op hierdie manier sien selfs jare-lange inwoners gedeeltes van ons distrik wat hulle nog nooit gesien het nie. Die mees onlangse roete van 12km was deur n meer onbekende deel van Oviston Natuurreservaat, asook op Schalkwykskraal. Conrad van den Berg besoek vooraf mooi plekke en werk die roetes haarfyn uit.