De Kleine Werf, Garies

De Kleine Werf, Garies Self Catering Guest House situated in Garies Northern Cape.

Ek is opgewonde oor die vordering met dìè bouery na ‘n lang stilstand.Hopenlik vroeg volgende jaar sit ons die dak op en...
17/12/2025

Ek is opgewonde oor die vordering met dìè bouery na ‘n lang stilstand.
Hopenlik vroeg volgende jaar sit ons die dak op en dan die lekker gedeelte - die binnekant!
My mengelmoes kerkie met Katolieke beelde, Dawid ster vensters, kruise en engeltjies is ‘n jare lange droom.
Langsaan is die Blou Deur Pastorie ‘Garden Shed’ wat ek ook al lank begeer.
Die kruie tuintjie kry swaar met ons warm son maar my kop werk al aan ‘n ideale oplossing.🤔

15/08/2025
Omdat nat sement en bousand my seker van die gelukkigste maak is hierdie braaiarea se transformasie by Domus Annae Gaste...
12/08/2025

Omdat nat sement en bousand my seker van die gelukkigste maak is hierdie braaiarea se transformasie by Domus Annae Gastehuis vir my siels-voedend-tone-omkrul lekker. En nog is dit die einde niet, maar sal doen vir eers…

Groot dank aan my getroue span met Dawid, Scooter, Dereck en Buddy sonder wie niks hiervan moontlik is nie.

Hier is meer fotos wat ek self geneem het gister. Die blomme is baie vroeg hierdie jaar maar so nou en dan se reën sal h...
27/07/2025

Hier is meer fotos wat ek self geneem het gister. Die blomme is baie vroeg hierdie jaar maar so nou en dan se reën sal hom help rek vir wanneer die blommekykers begin arriveer in Augustus.

Namakwaland is geseënd met goeie reën hierdie seisoen.Die blomme begin al kop uit steek.Hierdie foto’s is net voor die n...
07/07/2025

Namakwaland is geseënd met goeie reën hierdie seisoen.
Die blomme begin al kop uit steek.
Hierdie foto’s is net voor die naweek geneem tussen Soebatsfontein en Skilpad.

Ons eerste gaste vir ons nuwe Cabana kom môre. Party items is eers net tydelik om in te staan tot die regte meubliment r...
29/04/2025

Ons eerste gaste vir ons nuwe Cabana kom môre. Party items is eers net tydelik om in te staan tot die regte meubliment reg is vir indra. Kombuis rakke moet ook nog in.
Die woonstel is lekker ruim met ‘n huislike gevoel. Ek hoop ons toekomstige gaste sal ook so voel. Project in process….

So ons ligte brand al van vanaand af - dankie Enrico!Ek kyk vandag daai bietjie groen verf wat oor is in die 20 lt drom ...
23/04/2025

So ons ligte brand al van vanaand af - dankie Enrico!
Ek kyk vandag daai bietjie groen verf wat oor is in die 20 lt drom en besluit toe sommer om nog ‘n muur by sitkamer te verf!
So staan die opsies nou in die kamer gepak - besluite, besluite.🤔

21/04/2025

Ons nuwe selfsorg woonstel - Cabana - sal hopenlik einde hierdie week klaar gemeubileer en behang wees.
Net ‘n paar laaste afrondingwerk nodig dan kan ons intrek.
Ek sal daarna weer ‘n video of fotos plaas.
Ons is moeg gewerk en probleme omseil, beursie is plat maar ons is opgewonde tevrede.

Ons is besig om  ons ander  gastehuis - DOMUS ANNAE netjieser, geriefliker en beter te maak sodat sy hopenlik ook een va...
25/03/2025

Ons is besig om ons ander gastehuis - DOMUS ANNAE netjieser, geriefliker en beter te maak sodat sy hopenlik ook een van die dae trotser kan staan.
Die ou draad teen die straat wat vervang is met ‘n hoë muur en twee hekke maak reeds ‘n groot verskil.
Dit was die huis met die kaalste erf - nèt twee dooie bome, ‘n doringboom, ‘n bloekomboom, ‘n kokerboom en verder nèt sand!
Tuinmaak is ‘n saak van gebed in Garies, maar danksy die boorgat by De Kleine Werf kan ons bietjie kleur bring met waterwyse plante.
Dis lekker om so nou en dan terug te staan en jouself te herinner hoe ver ons gekom het, al gaan dit stadig.
Ek bring dit die hele tyd onder die drie harde werkers op die erf se aandag dat hul kan trots wees op wat hul handewerk sover vermag het.
Ek is tevrede….

09/12/2023
05/11/2023

Die nuwe opdien blad het handig te pas gekom met hierdie naweek se groep wat saans op die stoep geëet het en die nuwe afdakkie het sy werk gedoen om die son uit te hou.
Die grasperk kom ook mooi aan.😜

Address

18 Main Street
Garies

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Kleine Werf, Garies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Kleine Werf, Garies:

Share