Sophia Guest House, Garies

Sophia Guest House, Garies Sophia Gastehuis (GARIES NAMAKWALAND) is named after Sophia Nieuwoudt who started the guest house i

The premium guesthouse in this picturesque little town somewhere between Namibia and Cape Town slap bang in the famed Namaqualand flrower region!

Hierdie Leef Jou Reis kuier was een vir die boeke - dis min dat ek my stem verloor van lag en praat!Dit was die lekkerst...
22/08/2026

Hierdie Leef Jou Reis kuier was een vir die boeke - dis min dat ek my stem verloor van lag en praat!
Dit was die lekkerste gaste en die swak blommejaar het nie die jolige gemoedere gedemp nie. Hul het die beste daarvan gemaak en ons andersins mooi wêreld raakgesien.
Ons het ook hierdie jaar twee verjaarsdae gehad en hul is toegesing deur ons hardwerkende personeel en elkeen is hier weg met ‘n koek op die skoot.

Die donkiekar ritte was ‘n hoogtepunt en ons kuier is afgesluit met die tradisie wat Oom Arno van Zyl begin het, deur die brand van melkbosse. Groot dankie aan Wikus Coetzee dat hy dit moontlik gemaak het.

Van die aand se ‘entertainment’ wys ek later.

Eet Jou Reis ag ek bedoel Leef Jou Reis ons sien julle weer volgende jaar!

Blommetyd beteken baie mense wat onder ons dakke slaap - en wat ‘n voorreg is dit nie. Ons het al goeie vriende gemaak s...
19/08/2026

Blommetyd beteken baie mense wat onder ons dakke slaap - en wat ‘n voorreg is dit nie. Ons het al goeie vriende gemaak so deur die jare en ons huiskinders gaste wat elke jaar terug kom.
Een so ‘n groep is Leef Jou Reis van Gerrie Pretorius en deesdae sy regterhand Marlise. Hierdie volgende 3 dae gaan groot lekkerte wees.
Vriendelike gaste met gees!
Vanaand was afval en skaapkoppe onder andere op die menu - iets wat ons net op versoek vir hierdie groep doen. Omie het hom goed van sy taak gekwyt!
Daar was ‘n Tipiese Nama Vrou voordag en sang onder leiding van Aiden Links en die plaaslike Hansie Visser het solank die groep kom ontmoet voor hy more saam met hulle ry as toergids.
Die Leef Jou Braai se rooi lint is ook geknip al is hy nog nie 100% klaar nie!

Ons is dankbaar vir vol gastehuise - al hardloop ons lekker rond doen ons dit met ‘n smile!Vanoggend gaan kyk ek na die ...
08/08/2026

Ons is dankbaar vir vol gastehuise - al hardloop ons lekker rond doen ons dit met ‘n smile!
Vanoggend gaan kyk ek na die vordering van die lekker braai wat die manne besig is om klaar te bou en ek is kinderlik opgewonde. Volgende week sit ons hopenlik dak op.
Volgende plasing wys ek die finale produk.
Hierdie gaan ‘n lekker kuierplek wees.

Einde van ‘n era!Hier staan my Ma Sophia (89) saam met onse grootmaak Atta, Pottie Toontjies (77), Tannie Klampie (88) e...
13/07/2026

Einde van ‘n era!
Hier staan my Ma Sophia (89) saam met onse grootmaak Atta, Pottie Toontjies (77), Tannie Klampie (88) en Girlie (hoë 60s).
Hierdie 4 vroue het Sophia Gastehuis begin mid 90’s met geen ondervinding en my Ma wat nog permanent by die munisipaliteit gewerk het.
Hulle het saam saam die wa deur die soms troebel drif getrek en Sophia Gastehuis opgebou met sy goeie naam wat hy reeds gehad het toe ek 2009 kom oorvat het.
Ons het Pottie Toontjies Vrydag, 10 Julie in Klawer by ‘n versorgings oord ingeboek. Ons gun haar die rus en goeie versorging.
Groot dankbaarheid aan elkeen van hulle wat die grondslag gelê het van harde werk en ‘n gastehuis om op trots te wees. Ons eer julle.
Ook op fotos is Nana Anita wat steeds in die waskamer die septer swaai en dan Dawid wat onmisbaar is met onderhoud en bouwerk.
Ek het hulle met ope arms geerf met baie jare se goeie diens en is dankbaar dat hulle steeds hier is.

By Sophia Gastehuis voel ek geruime tyd die leemte vir ‘n lekker kuier en braai area veral as ‘n paar gesinne wil saam k...
09/07/2026

By Sophia Gastehuis voel ek geruime tyd die leemte vir ‘n lekker kuier en braai area veral as ‘n paar gesinne wil saam kuier.
De Kleine Werf hèt reeds so ‘n braaiplek met ‘n boma en onderdak stoep wat baie gewild is.
Toe begin ons maar beplan en bou!
My drieman bouspan wys weereens hul staal en dis met groot lekker kry dat ek nou ons vordering wil begin wys.
Ek d**k ‘n ‘before’ is nodig om die ‘after’ te waardeer.
Ek hou jul op hoogte van hier af.
Groot dankie aan Dawid, Enrico en Derrick - die A span.

Robertson se boere is lekker mense! Annette, Bruwer, Jaco en Elana is al huiskinders en hierdie jaar was die Geldenhuyse...
07/07/2026

Robertson se boere is lekker mense! Annette, Bruwer, Jaco en Elana is al huiskinders en hierdie jaar was die Geldenhuyse ook in die bondel.
Bruwer skop die kuier soos altyd af met sy indrukwekkende kopstaan en die aand word afgesluit met baie lag en lekker gesels.
Hul los ons met gelaaide binneste-batterye en ons begin al uitsien na die volgende kuier.
Ps. Ek vang die skimp - die hangende tuine van Babel het nuwe plante nodig!🤪

En daar verras Trompie ons gister - hy gaan sowaar op ons gas Philip se hand sit sonder om hom te byt. Hy is niks lief v...
07/06/2026

En daar verras Trompie ons gister - hy gaan sowaar op ons gas Philip se hand sit sonder om hom te byt. Hy is niks lief vir mans nie. Daar is altyd ‘n eerste keer.
Hy flikflooi omtrent met die dames - regte ou flirt!

Na maande se gekap, stof, verf en weer stuk stuk indra, het ons eetkamer ‘n nuwe rok aan. Die nuwe bedienings area is ‘n...
28/05/2026

Na maande se gekap, stof, verf en weer stuk stuk indra, het ons eetkamer ‘n nuwe rok aan.
Die nuwe bedienings area is ‘n groot verbetering.
Dis nog nie 100% klaar nie, maar ons kan dit uiteindelik weer gebruik en vir ons voel dit vars en nuut.
Ons hoop ons gaste gaan dit ook geniet.

Address

33 Main Road
Garies
8221

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+27276521069

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sophia Guest House, Garies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sophia Guest House, Garies:

Shortcuts

Share