inniKloof

Call Directions Website Contact the business

inniKloof inniKloof - jou bosbestemming naby die beskawing! web: www.innikloof.com inniKloof is 'n plek waar jy weer tot verhaal kan kom en vrylik kan asemhaal.

Kom geniet plattelandse stilte en gasvryheid - weg van alles en almal, maar tog binne bereik van die nodigste. Kom kuier in die goed-toegeruste huisies en geniet die rustigheid om jou. Bring 'n voëlboek en verkyker, die roman waarvoor jy nooit tyd kry nie of die legkaart wat nog nie voltooi is nie en kom span uit onder reuse geelhout-en witstinkhoutbome. Braai 'n vleisie, luister na die naggeluide en verwonder jou aan die sterreprag. Come and enjoy the peace and quiet of the countryside - away from everything and everyone, yet within reach of every necessity. At inniKloof one can breathe freely and recharge the batteries. Stay in one of the well-equipped houses and enjoy the tranquility. Bring along your bird book and binoculars, the novel you haven't yet had time for or the never-completed puzzle and relax under the huge yellowwood and wtstinkhout trees. Have a traditional braai, listen to the night noises and be amazed by the miracle of the stars above.

06/10/2026
Die somer en swemseisoen is oop by inniKloof. n Pa en Seun groep gereël deur Get Real Adventure Breakaways Hulle het n v...
20/09/2026

Die somer en swemseisoen is oop by inniKloof. n Pa en Seun groep gereël deur Get Real Adventure Breakaways Hulle het n vol program gehad - staproete gedoen, geswem, boog geskiet en daar is selfs op die water geloop!😁

Ezra Preparatory School braved the weather forecast to camp at inniKloof. The forecast was totally wrong up to now. They...
15/09/2026

Ezra Preparatory School braved the weather forecast to camp at inniKloof. The forecast was totally wrong up to now. They had a good hike and we unpacked the tubes.

Clivias is die dankbaarste plante! Hierdie beddings kry géén ekstra water nie, maar die baie reën wat ons gehad het, het...
14/09/2026

Clivias is die dankbaarste plante! Hierdie beddings kry géén ekstra water nie, maar die baie reën wat ons gehad het, het gesorg vir hierdie skouspel.

As die Vallei se kategese kom kamp by inniKloof, werk die ouers harder as die kinders om tente staan te maak. Gisteraand...
11/09/2026

As die Vallei se kategese kom kamp by inniKloof, werk die ouers harder as die kinders om tente staan te maak. Gisteraand se donderstorm het die krag laat verdwyn, maar daar was soveel flitsies, dit het die avontuur net nog meer opwindend gemaak!

Die lente is hier! 🌺 ’n Tyd van nuwe lewe, vars kleure en die wonderlike skoonheid van die natuur. Mag hierdie Lentedag ...
01/09/2026

Die lente is hier! 🌺 ’n Tyd van nuwe lewe, vars kleure en die wonderlike skoonheid van die natuur. Mag hierdie Lentedag vir almal ’n dag vol sonskyn, blomme en nuwe hoop wees. 🌱☀️



Moenie dat die rugby jou van inniKloof af weghou nie. Bring jou dekodeerder en skerm en kom kyk al die Springbokke se we...
08/08/2026

Moenie dat die rugby jou van inniKloof af weghou nie. Bring jou dekodeerder en skerm en kom kyk al die Springbokke se wedstryde. Ons het die nodige kabels. Gisteraand gebraai, gerugby en gefoto.

Ontsnap die gejaag en kom stap die pragtige wandelroetes by InniKloof. 🌿🥾Of jy nou lus is vir 'n rustige stap langs die ...
04/08/2026

Ontsnap die gejaag en kom stap die pragtige wandelroetes by InniKloof. 🌿🥾

Of jy nou lus is vir 'n rustige stap langs die rivier of 'n bietjie meer avontuur deur die kloof, ons roetes bied asemrowende natuurskoon, voëllewe en die perfekte geleentheid om weer vars lug in te asem.

📍 Geleë naby Hankey in die Gamtoosvallei.
🌳 Ideaal vir gesinne, natuurliefhebbers en fotograwe.

Kom ontdek die rustigheid van InniKloof – waar elke tree jou nader aan die natuur bring.

24/07/2026

Address

Honey Clough
Hankey
6350

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when inniKloof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to inniKloof:

Share

Category