04/01/2026
En toe is daar een...
My Nala-mamma se mensis kom 2x per jaar op redelike ongeleë tye. Omdat ons ons hondjies eers laat gaan op 8 weke val die herhuisvesting gewoonlik met paastyd en Kerstyd, wanneer families op vakansie is. Dan bly hul nog 'n rukkie langer by ons aan huis en klim net nog dieper in ons harte in.
En dan is daar altyd die heel laaste een om te gaan. Die keer is dit klein
'Harry' se b***t. Hy was bespreek, reeds gedoop en agv kanselasie van 'n ander hondjie word hy toe gecancel in ruil vir die kleiner, ligter enetjie.
Hy is 'n regte klein Buksie, windgat verby wat met baie selfvertroue gaan verken, homself eerste gaan voorstel aan ons ander honde, die verste uittogte waag en wintielyfie aangehardloop kom as hy my hoor of sien.
Maar vandag is hy sku en bek-af en vreeslik hartseer. 'n Mengsel van hom en sy sussie wat toegelaat was deur Mamma Nala om AL haar kos skynbaar op te eet en magies wat ietwat onstel is met volwasse hondekos ( en dubbel soveel daarvan) en 'n dag wat niks lekker is nie.
Vroegoggend kom hy en Zara aangehardloop toe ek roep en ek kies Zara, nie hom, om 1e op te tel nie. Sy word gebad en kry spesiale tyd saam Ouma Zelna en Mamma Nala omdat sy vandag na haar forever home toe gaan.
Sy kom uit met 'n lekkerkou strik in die hare en nes hy d**k hulle gaan nou buite jol, onderskep Ouma Z hom. 'HOEKOM MOET EK OOK GEBAD WORD? EK BLY MOS HIER!?!
Harry wil niks weet van drooggemaak word nie en gaan soek sy sussie en vreet Mamma se kos terwyl sy nie daar is nie!
Trommelduk, tjorts hy en sussie Zara anders. Ietsie akkodeer nie. Zara wil ook nie vandag met Harry speel nie. Sy d**k sy is groot! En special!
Elke keer kom haal iemand 'n boetie, die keer Harry se favourite, enigste sussie!
En daar is baie van haar nuwe familie hier op een slag! Nie net Mamma, Pappa en miskien Ivana en Sara nie...Baie! En hul praat baie en hard en hy sien hulle het hom ook nie gekies nie.
Hy klim in sy hokkie waar dit veilig is en dit stiller is. Hy hoor die hek oopgaan en Chiara en Nala blaf. Hy weet Zaratjie is nou ook weg en hy is alleen....
Toe word hy wakker en Chiara, Mamma Nala, Pappa Guilliam en Ouma Z...almal is hier en almal wil met hom cuddle en speel. Bonus! Almal net vir homself!
Hy soek orals vir Zara, en gaan lê met hartseerogies vir my en kyk en ek weet nie hoe ek dit oor my hart gaan kry om hom ook te laat gaan nie...
Zelna Oberholster