07/02/2026
Gebruik dit of gebruik dit nie, jou keuse.
Bek en klouseer...
Hierdie op n ivermectin groep raakgelees.
Dalk beteken dit iets vir iemand...
Bek en Klouseer
Daar loop n berig rond waar boere hulle eie lewe geneem het.Of dit so is dit weet ek nie, maar Bek en Klou is nie die einde van die wêreld nie.Moenie paniekerig raak nie.
Ons het in november 2025 dit baie erg gehad.Kallers het gevrek, meer as genoeg.Veeartse het nie geweet wat dit is nie.Ons was van die eerstes in Winterton wat dit grkry het.Koeie het kruppel geloop, en ons behandel vir vrotpootjie.Na moedeloos en gatvol verby kom ons by n patoloog uit en hy bevestig dis Bek en Klouseer
Wat nou????
Ons sit koppe bymekaar en doen die volgende.Dis nou of nooit besluit ons.
1 Spuit al die beeste met Ivomec
2 Peroxcide 6% oplossing in n 1,5lt sproei bottel, verdun met n klein hoeveelheid water. Spuit in diere se bekke en neusgate
3 Werk steriel en ontsmet alles na elke bees behandel is.
4 Spuit MultiMin en Vit ADE.
5 Voetbad as jy het.Gooi gewone Jik in.(1 op 9) of Koper sulfaat.
6 Chloorpille in die water drinkbakke.
7 Molasse meel of Super 18 gemeng met Chop vir daar beeste wat sukkel om te eet.
8 Spuit 10cc Detol onder die vel as die nood druk.
9 Spuit beeste met koper sulfaat in die drukgang met n rugsakspuit.
10 Laat die diere soveel as moontlik deur die voetbad loop.
Hierdie het vir ons baie goed gewerk.Drie dae later toe hou die kalf vrektes op.Koeie begin beter loop en vreet al hoe beter.
MOENIE WAG en dan wil optree nie.Begin voorkomend Jou verliese sal baie kleiner wees en jy kom vinniger daardeur.
As n Boer val, dis nie die val wat saak maak nie, dis hoe jy opstaan en aangaan wat belangrik is.W
NS Stuur dit aan so wyd as moontlik asb.