De Rust Gastehuis

De Rust Gastehuis Op die buitewyke van die historiese dorpie Heidelberg, lê die gastehuis met die ou Victoriaanse ops In 1906 bou Johannes Joubert die huis.

Geskiedenis van De Rust

Frederick Jacobus Bezuidenhout en sy vrou, Wilhelmina Christina Johanna Meyer, laat die opstal deur Mattheus Carel August Meischke ontwerp. Frederick Jacobus Bezuidenhout is die seun van Frederick Jacobus Bezuidenhout (wat per skip van Nederland na die suidelike punt van Afrika gereis het om homself hier te kom vestig). Die oorspronklike Frederick Jacobus Bezuidenhout besl

uit in 1858 om verder noord te trek en hom te vestig op die plaas Braamfontein. Hy het in sy lewensjare dan ook die plase Doornfontein, Turffontein, Bezuidenhoutsvallei en Judith Paarl bekom. Judith Paarl is na sy vrou, Judith Cornelia Estresia, vernoem. Frederick Jacobus Bezuidenhout (FJB) (De Rust) en sy vrou het al die boumateriale vir De Rust vanaf die buiteland laat invoer. Die huis bestaan uit 14 vertrekke waaronder daar 4 slaapkamers, ‘n mansrookkamer, damessitkamer, ingangsportaal, tv kamer (oorspronklik ‘n slaapkamer), badkamer, toilet, ontbytkamer, eetkamer, kombuis, spens en ‘n gang wat 17,6m lank en 1,8m breed is. Die meubels en sanitêre ware is volgens katalogus uit England uit bestel. (Die oorspronklike meubels is ongelukkig deur Bes Liebenberg, Cor Bezuidenhout se vrou, aan die Bezuidenhout-kinders verdeel, omdat sy ‘n smaak vir moderner meubels in haar huis gehad het.) Die muurpapier en fluweelgordyne is in kratte van Engeland af ingevoer. Die mosaiek gangteëls is van Italië ingevoer Al die plankvloere is van dennehout, afkomstig van die staat Oregon in Amerika, gemaak. Die 4 kaggels is van rooshout gemaak en volledig met skoorsteenmantels, spieëls en geelkoper afwerking. Kleurvolle loodglasvensters versier die hoofingang, sowel as die stoepdeur van die mansrookkamer. Die plafonne is almal van gedrukte staal gemaak. Die stoep strek reg rondom die huis en is afgewerk met gegote yster (vanaf Glasgow) wat ‘n houtreling bo-op het. Die stoepdak is afgerond met brooky lace wat reg rondom strek. Die oprig van die huis het FJB (De Rust) destyds ongeveer 6000 pond uit die sak gejaag. Vir pryse wat elkeen se sak pas kan jy kom deel in ons naweekpakkette en oornagverblyf. Vir enige verdere besonderhede, kontak ons gerus.

15/09/2021

Opsoek na n venue om jou matriekafskeid fotos te neem?
Kom neem dit by De Rust Gastehuis!
Kontak Natalie 0823204877 vir meer inligting.

Our Previous High Tea Tour was a big success. Thank you to everyone that has come to experience this with us. We are hos...
18/11/2020

Our Previous High Tea Tour was a big success. Thank you to everyone that has come to experience this with us. We are hosting another tour. Limited space available and bookings are essential.

This was an advert done at De Rust a couple of years ago. Who can remember?
11/11/2020

This was an advert done at De Rust a couple of years ago. Who can remember?

Arranged marriage between two Indian families. Couple of parents face each other. Bride and groom are seeing each other for the first time. Young man big, ug...

21/10/2020

De Rust Mansion High Tea Tour is fully booked! We decided to open a 16h00 time slot. Book ASAP there are only limited space available. Light Snack and Beverages will be served.

06/10/2020

A First at the De Rust Mansion. Book your spot ASAP!

02/06/2016

Foto's van die Victoriaanse opstal wat dateer uit 1906 en behoort het aan Frederick Jacobus Bezuidenhout.
Die opstal is deur Mattheus Carel Meischke ontwerp en deur Johannes Joubert gebou.

09/10/2015
De Oude Kunsgalerij & Meester-Ramers kunsuitstalling en kaas-en-wyn aand
02/09/2014

De Oude Kunsgalerij & Meester-Ramers kunsuitstalling en kaas-en-wyn aand

Address

IR Boschfontein
Heidelberg
1438

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Rust Gastehuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Rust Gastehuis:

Share