Huis Meiring - Dogterskoshuis

Huis Meiring - Dogterskoshuis Koshuis is ‘n lewe op sy eie, waar almal saam werk en ondersteun waar jy kan.

Jy leer ook om op jou eie reg te kom en om so ook ander reg te help, maar die belangrikste waardes van ons koshuis is: LIEFDE; ONDERSTEUNING EN GELOOF.

SAVE THE DATEAre you ready to join us on a culinary tour "around the world"?Save the date for our awesome fundraising in...
31/01/2023

SAVE THE DATE

Are you ready to join us on a culinary tour "around the world"?

Save the date for our awesome fundraising initiative!!
24 February 2023
Boys Hostel

More details to follow soon

JULLE … Is ons splinternuwe voorportaal nie mooi nie 🤩☘️⁉️Ons is ongelooflik dankbaar en sê baie dankie vir  mammas Yola...
23/01/2023

JULLE … Is ons splinternuwe voorportaal nie mooi nie 🤩☘️⁉️

Ons is ongelooflik dankbaar en sê baie dankie vir mammas Yolandie Scheepers en Lise Bower wat verskriklik hard gewerk het en ons voete onder ons uitgeslaan het!

Welkom by Huis Meiring… here we “grow with grace” 💚

🏡 WELKOM TERUG BY ONS HUIS 🏡 Ons kom in gereedheid vir nuwe jaar en ons is baie opgewonde.Welkom aan ons graad 8 ouers. ...
10/01/2023

🏡 WELKOM TERUG BY ONS HUIS 🏡

Ons kom in gereedheid vir nuwe jaar en ons is baie opgewonde.

Welkom aan ons graad 8 ouers.
Seën vir julle gesinne se betrokkenheid by ons huis💛

Ons HK skop reeds Maandag af met beplanning om alles in orde te kry.

Sien julle DV vlg Dinsdag.

🎉 Gr 8's 12:00
🎉 Gr 8 ouervergadering 14:00
🎉 Res van koshuismeisies kom 14:00

Lekker inpak🍀💚

So sluit ons koshuisbestuur en diensdoeners die jaar af 🦐 Dankie vir elkeen se bydrae tot ‘n lekker koshuisjaar!!
29/11/2022

So sluit ons koshuisbestuur en diensdoeners die jaar af 🦐

Dankie vir elkeen se bydrae tot ‘n lekker koshuisjaar!!

GOLF DAY 2023Be part of our 2023 golf day at the St Francis Links on the 11th of February 2023⛳️Bookings for golfers and...
01/11/2022

GOLF DAY 2023

Be part of our 2023 golf day at the St Francis Links on the 11th of February 2023⛳️

Bookings for golfers and sponsored tee's are now open 😁 Please contact Kerry Bell-Cross to secure your booking.
Email: [email protected]
Phone: 063 2944980

Golf:
- 21 x 4 balls (R4400 per 4-ball)
- includes green fees, cart & dinner

Sponsored tee:
- R3000 per tee
- includes 2 x dinner tickets

Mark your calendars - you don't want to miss out on this fun day out on a world-class Jack Nicklaus Signature links golf course!

11/10/2022

PLAASMARK PROGRAM

Ons is kinderlik opgewonde vir ons 1ste Plaasmark wat al Vrydag plaasvind!

Saterdag lyk bietjie nat 💦☔️ ons is DIEP DANKBAAR vir dié reen… so bring ‘n sambreel en kom vier saam met ons!🥂

Jy wil nie hierdie lekker saamkuier misloop nie 🤩

Van trekkers tot koffie… iets vir die hele GEMEENSKAP!

🎟️ R20 per persoon per dag
🎟️ R10 per skolier per dag
🎟️ kinders o/5 gratis

Volg ons “event” blad op Facebook vir meer inligting.

🍯🥧🥘🧀🥩🍔🍅🥦🥕🫒🍓🫑☔️🪴🧑🏽‍🌾👩🏼‍🌾🏆🏉🏐🏒🎯🎤🎪🚛🚜🎁

10/10/2022
30/09/2022

🖊️ VANUIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR 🖊️

Ons het sekerlik almal "donker tye" beleef in die laaste klompie weke met Eskom se beurtkrag.

By Nico Malan is ons egter ongelooflik dankbaar vir 'n goeie kwartaal en die lig van die vuurtoring skyn nog helder💡

Ons is veral dankbaar vir die kragopwekker wat in die begin van die jaar aangekoop is en help dat alle lesse en programme sonder enige onderbrekings kan voortgaan.

Verder is ons dankbaar vir die volgende:

🚎 Die Humansdorp Vervoerdiens het 2 busse aangekoop en is in die proses om 3 ou busse te verkoop.

🍔 Grill Café is nou finaal ingerig en ons word bederf met heerlike kos. Ouers word uitgenooi om ook gerus hier wegneemetes te kom koop.

🚗 Die skool word geborg met 'n voertuig vanaf Tavcor Suzuki waarmee basiese beginsels van bestuur aan leerders oorgedra kan word. Dit word binne LO in graad 10 en 11 hanteer.

🎤 Ons is baie trots op ons koor wat by die Sing in Harmonie finaal in Kaapstad aangewys is as wenner van die informele afdeling.

🏉 Max du Pisani verteenwoordig die SA-skole-rugby A-span wat teen Frankryk en Engeland speel.

🏆’n Uiters suksesvolle First Choice 7's-toernooi wat gehou is.

'n Paar hoogtepunte op volgende kwartaal se program sluit die volgende in:

Prysuitdeling, Laaste dag van matrieks, Wynveiling, Koshuis Plaasmark, Veeveiling en Begrotingsvergadering vir ouers. Ondersteun asseblief waar u kan en verseker so verdere sukses en volhoubaarheid van ons pragtige skool.

Personeelaangeleenthede:
👥Mev. Carin Davis het bedank gedurende die kwartaal. Ons dank en goeie wense vergesel haar. Mev. Juls Vermaak is tydelik aangestel in haar plek en mev. Michelle Janse van Rensburg is tydelik aangestel vir Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Skeppende Kuns.

💒 Baie geluk aan mnr. Johann Jonker wat in die huwelik tree op 1 Oktober.

Geniet die vakansie saam met u kind en rus goed uit vir die uitdagings van die laaste kwartaal.

🙏🏼Hou vas aan Galasiërs 6:9: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

KOSHUISEOns wag nou al lank om hierdié opwindende nuus met julle te deel! Ons stel bekend, ons EIE 250g filterkoffie & k...
27/09/2022

KOSHUISE

Ons wag nou al lank om hierdié opwindende nuus met julle te deel!

Ons stel bekend, ons EIE 250g filterkoffie & koffiebone “KOSHUISBRAK BONE”

Spesiaal vir ons verpak deur Infood Coffee Roastery in Jeffreysbaai.

Ons sal dit vir die eerste keer te koop hê by die Plaasmark 🥰☕️

27/09/2022

Address

Humansdorp
6300

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Meiring - Dogterskoshuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Huis Meiring - Dogterskoshuis:

Share

Category