04/09/2022
Geleen.
Die man lê op sy hospitaal bed met
sy gesig na die venster. Dan stoot
hulle nog 'n man by hom in die
kamer maar hy is baie mismoedig,
want hulle het sy bene afgesit. Hy
lê daar en staar na die plafon en
kry homself baie jammer. Die
volgende more kom maak die
verpleegsters hulle gemaklik en
stel hulle aan mekaar voor. Die
man by die venster vra toe vir die
ander man. "waarom so
mismoedig?" Hy antw "hulle het
gister my bene afgesit" O"se hy
"maar dan het jy rede om nog baie
dankbaar te wees" Die man kyk so
na sy kant toe en se" jy is een om
te praat, wat is fout met jou" Die
man by die venster glimlag en sê"
ek het kanker en hulle sê ek het
nog so maand om te leef" Die man
sonder bene sê "maar hoe kan jy
so opgewek wees?" Hy se "maar
broer,kyk by die venster uit en kyk
na al die mooi blomme en die voels
"Die man sonder die bene vra hom
toe elke oggend hoe lyk dit vandag
daar buite. Dan draai die man na
die venster en sê "daar is 'n paar
wolkies maar daar is die mooiste
voëls en die blomme, mens dit is so
mooi "Die man met die af bene het
baie gou beter begin word, deur sy
nuwe vriend se positiewe
gesindheid, en kon nie wag dat sy
vriend hom moet vertel wat hy die
dag daar buite sien nie! Een more
word hy wakker maar sy vriend is
nie daar nie. Hy lui sy klokkie en
toe die verpleegster kom vra hy
haar waar sy vriend is, en hoor dat
hy daardie nag oorlede is. Hy vra
haar, met 'n hartseer stem, om
hom dan voor die venster te stoot
want hy wil die wêreld daar buite
sien soos sy vriend hom elke dag
vertel het. Sy stoot toe sy bed
voor die venster maar toe sy die
gordyne wegtrek is daar net 'n
vaal ou muur voor hom "maar hoe
is dit moontlik" vra hy" die man het
hom dan elke dag die mooiste
prentjie gegee wat buite was "Sy antwoord: " Hy was blind en het die mooi vertel omdat hy jou wou oplig en jou wou gesond hê"
Ja, so is ook ons VADER in die
Hemel HY sal als doen om vir ons die beste te gee.
So prys Hom vir
wat jy in die lewe nog het dit kon baie erger gewees.🙏💞