20/05/2026
Jeffreysbaai aangewys as een van SA se beste klein dorpies om in te woon
Jeffreysbaai in die Oos-Kaap is amptelik aangewys as een van Suid-Afrika se beste klein dorpies om in te woon ná erkenning in ’n nasionale opname deur die Daily Maverick.
Die wêreldbekende kusdorp, wat in 1849 gestig is, het hoë tellings behaal vir gemeenskapsgees, netheid, veiligheid, natuurlike skoonheid en algemene lewenskwaliteit.
Jeffreysbaai is veral bekend vir die ikoniese Supertubes-branderplankry plek, wat branderplank ryers van regoor die wêreld lok en die dorp internasionaal op die kaart geplaas het.
Eiendomskenners sê die dorp trek al hoe meer semigrante, afgetredenes en gesinne wat die stres van stadslewe wil ontsnap en ’n rustiger leefstyl langs die kus verkies.
Met sy pragtige strande, sonnige klimaat, groeiende infrastruktuur en ontspanne atmosfeer, glo baie mense Jeffreysbaai raak vinnig een van die gewildste plekke in Suid-Afrika om huis te noem.
Luister FM Nuus
****************************
Jeffreys Bay Named One of South Africa’s Best Small Towns to Live In
The Eastern Cape coastal town of Jeffreys Bay has officially been recognised as one of South Africa’s best small towns to live in following recognition in a national Daily Maverick survey.
Founded in 1849, the town earned high scores for community spirit, cleanliness, safety, natural beauty and overall quality of life.
Jeffreys Bay is internationally famous for its iconic Supertubes surf break, which attracts surfers from around the world every year and has helped establish the town as a global surfing destination.
Property experts say the town continues to attract growing numbers of semigrants, retirees and families looking to escape busy city life in favour of a more relaxed coastal lifestyle.
With beautiful beaches, year-round sunshine, improving infrastructure and a laid-back atmosphere, many believe Jeffreys Bay is rapidly becoming one of South Africa’s most desirable places to live.
Luister FM News