26/03/2025
Die program van “De wals van de liefde” by die KKNK, met Jannie du Toit (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (altsaxofoon) , bestaan uit persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu.
Jannie het van altyd af besondere aanklank by dié musiek gevind, en dit het sy musiek en loopbaan ingrypend beïnvloed.
Musiekliefhebbers kry nou die geleentheid om al die “toppers”, soos die Nederlanders sê, in een program te hoor.
🎫 Webtickets of kknk2025.kknk.co.za/musiek/de-wals-van-de-liefde/
📅 1 en 2 April 2025
📍 Oudtshoorn
, geborg deur Absa South Africa