Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie - Jongensfontein

Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie - Jongensfontein Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie - Jongensfontein, Vacation Home Rental, 1km on the Blombos Road, Jongensfontein.

Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie bied 'n verskeidenheid vakansieverbly:
- 'n boskamp wat bereik word dmv 'n 4x4-voertuig.
- selfsorgvakansiehuis
- woonwaens
Ons is geleë 1km op die Blombospad.

Laatslapers... hier is jul kans nou... ek het nog n plekkie beskikbaar... selfsorg en kamp vir die lang naweke wat voorl...
18/03/2024

Laatslapers... hier is jul kans nou... ek het nog n plekkie beskikbaar... selfsorg en kamp vir die lang naweke wat voorlê.... whatsapp by 0825210193

25/01/2024
Agter-die-rug Boskamp... 4x4... ini bos... by die see
18/12/2023

Agter-die-rug Boskamp... 4x4... ini bos... by die see

Gallie Blikbek en Rooimien, ons selfsorg Karavane.....
18/12/2023

Gallie Blikbek en Rooimien, ons selfsorg Karavane.....

Yippeeee dis seisoen tyd🥳🥳🥳Mooiuitsig Kamp is reg vir al sy kampers...
18/12/2023

Yippeeee dis seisoen tyd🥳🥳🥳
Mooiuitsig Kamp is reg vir al sy kampers...

Lekker woonstel te Jongensfontein, in Daytonaweg te huur....Woonstel is gerieflik gemeubileer met alles wat jy nodig het...
27/03/2023

Lekker woonstel te Jongensfontein, in Daytonaweg te huur....
Woonstel is gerieflik gemeubileer met alles wat jy nodig het vir n lekker wegbreek of vakansie.
Al wat jy benodig is jou eie handoeke.
Woonstel is onder woonhuis geleë.
Pragtige uitsig met n buitebraai, alles in Jongensfontein is loopafstand vanaf woonstel.
Een volledige badkamer, hoofslaapkamer met dubbelbed, 2de kamer met stapelbedtjies en 'n slaapbank in die leefarea.
Whatsapp Irene Ellis by 0829340918

Ons het n paar plekkies oop in Mei....Slaap 3 aande en betaal vir 2😉😉😉Whatsapp my by 0825210193
08/03/2023

Ons het n paar plekkies oop in Mei....
Slaap 3 aande en betaal vir 2😉😉😉
Whatsapp my by 0825210193

Mooiuitsig Kamp:Ons het nog pragtige kampplekkies beskikbaar...Hier herlaai jy en word een met die natuur, maar tog bitt...
26/12/2022

Mooiuitsig Kamp:
Ons het nog pragtige kampplekkies beskikbaar...
Hier herlaai jy en word een met die natuur, maar tog bitter naby Jongensfontein,slegs 2km.
En Stilbaai net 7km...
Bespreek nou teen verlaagde tariewe...
Skakel of whatsapp Marijké by 0825210193

Kamp kamp kamp....Mooiuitsig Kamp het nog plek beskikbaar....Die kampplek is baie privaat maar Jongensfontein is bereikb...
20/12/2022

Kamp kamp kamp....
Mooiuitsig Kamp het nog plek beskikbaar....
Die kampplek is baie privaat maar Jongensfontein is bereikbaar binne n minuut of 2....
Elke plot het sy eie privaat badkamer, met n gas geiser.
Sonkrag vir jou basiese behoefte...
Die mooiste mooi uitsig...
Skakel of whatsapp Marijké by 0825210193

Karavaan Rooi Mien:Wie was Rooi Mien???Sy was die dogter van Jan Muishond... en sy het op hierdie seerante groot geword....
16/12/2022

Karavaan Rooi Mien:

Wie was Rooi Mien???
Sy was die dogter van Jan Muishond... en sy het op hierdie seerante groot geword.
Haar pa was die eerste man wat n span donkies in die '30's gehad het... hul het n groot rol gespeel in die geskiedenis van Jongensfontein.
Sy was later jaredie vrou van Gallie, en het 7kinders die wêreld ingebring...

Sy was n moeilike mensie met rooi wange, meeste van die tyd n voorskoot gedra met n blik snuif in...
Baie netjies... my skoonma het al baie vertel hoe sy die wasbak uitgedroog het met die lappie en dan elke druppeltjie uit die doekie uit weer in die uitloop van die wasbak...
My skoonpa, d**k ek was haar gunsteling.... hy het altyd met soveel respek van sy ou moeder gepraat.
Hy het ook in sy jong dae met sy dikwiel fiets vanaf Riversdal gery tot hier om te kom eet...
Oupa Renier het ook ouma mien se ma se familie name.... en so ook my seuntjie...
Rudie en ouma Mien het nie juis ooghare gehad vir mekaar nie, maar Lindie Jacobs, my skoonsussie was glo haar gunsteling😉
En so toe ons trou, moet ek in ouma Mien se huis bly....
My kombuis is nie skoon as ek gaan slaap nie, en die honde mag in die huis kom... so het ons baie gespot... ou Rooi Mien spook by my... en dan het die ouman lekker gelag en later dan skud hy sy kop en sé: My ou moeder sal dit nooit doen nie...

Ons het nog plekkies beskikbaar...
Skakel of whatsapp Marijké by 0825210193

Huis Enc Special:Bespreek tussen 18-26 Desember vir min 7nagte@ R1400 per nag...Lieflike plekkie geleë 1km op die blombo...
16/12/2022

Huis Enc Special:
Bespreek tussen 18-26 Desember vir min 7nagte@ R1400 per nag...
Lieflike plekkie geleë 1km op die blombospad.
Naby Jongensfontein,
Slaap 6 persone
Beddegoed en handdoeke ingesluit, bring net eie strandhandoeke.
Met die nodige reëls en gehoorsaamheid laat ons diere toe.
Skakel of whatsapp Marijké by 0825210193

Selfsorg Karavaan - Gallie BlikbekWie was Gallie Blikbek???Pieter Herodus Kleynhans... of Pieter Gallie wat later Gallie...
12/12/2022

Selfsorg Karavaan - Gallie Blikbek
Wie was Gallie Blikbek???

Pieter Herodus Kleynhans... of Pieter Gallie wat later Gallie blikbek geword het agv sy uitstekende vernuf met die bekfluitjie... iewers in n boek staan geskryf dat hulle sooo musiek gemaak dat Pieter Gallie se mondhoeke stukkend was op die einde van die aand...

Dit was nou my man se oupa... hy het ook sy oupa se name... hy was beslis die "vader" van die stukkie grond.
Rudie was ook bitterrr lief vir sy oupa... hy sal altyd stories vertel van hom en wat hy als by hom geleer het.
Hul avonture saam toe ouma Mien oorlede is en oupa by hulle kom bly het.
Visvang stories is daar baie baie baie....

Gallie was ongelooflik musikaal net soos my oorlede skoonpa.... eintlik was 5 van die kinders musikaal... en hul het musiek gemaak op hierdie plaas dat die riete bewe...
Van hierdie opnames het my skoonma bewaar en ek het dit verder laat bewaar vir die nageslag....

Pieter, het ietsie van als hier gedoen... groente geplant... melkkanne pad toe gedra en boublokke gemaak met seegruis.... waarvan n paar huise steeds staan in Jongensfontein en langs die see, Blombos af.

Hier is ons verskriklik sentimenteel... en waardeer elkeen se spoor wat hy hier getrap het...

Kom kuier by Gallie blikbek... jy sal elke oomblik geniet hier by ons.

Privaat badkamer met gas geiser
Sonkrag
Privaat opwasarea
Beddegoed en handdoeke ingesluit
Lieflike braai area
Gasstofie
Basiese benodighede vir selfsorg
Mooiste uitsig
En klipgooi vanaf die see

Het nog plek oop vir die seisoen....

Address

1km On The Blombos Road
Jongensfontein
6674

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie - Jongensfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooiuitsig Vakansie Akkommodasie - Jongensfontein:

Share