Namib to Epupa Falls via Ugab in a Mobi Lodge

Namib to Epupa Falls via Ugab in a Mobi Lodge Traveling and Camping in a Mobi Lodge

Dag 11/12 Palwag na Lovebird CanyonOns het van Palmwag na die Ongongo falls gery, ons kon ongelukkig nie daar staanplek ...
03/03/2023

Dag 11/12 Palwag na Lovebird Canyon

Ons het van Palmwag na die Ongongo falls gery, ons kon ongelukkig nie daar staanplek kry want nie hulle was reeds vol. As ons daar staan plek kon kry, sou ons twee nagte wou spandeer, ongelooflik mooi en die natural spring was heerlik. Ons het toe verder gedruk na 'n spot wat iemand wat toere doen vir ons gegee het waar die lovebirds in die 1000de bly. Baie mooi daar, maar ek sou dit nie aanbeveel met karavaan nie, pad was baie sleg en ons moes pad bou.

Dag 10 Ugab na PalmwagOns was nie seker hoe lank ons gaan ry aan die laaste stuk van Ugab en dan die desolation valley g...
22/01/2023

Dag 10 Ugab na Palmwag

Ons was nie seker hoe lank ons gaan ry aan die laaste stuk van Ugab en dan die desolation valley gedeelte nie. Het ons heel dag gevat, ons het laat namiddag eers by Palmwag gekom. Niks te tegnies maar baie stadig.

19/01/2023

Video of twee van Ugab

Dag 9Meeste mense het vir ons gesê ons sal nie met karavane die Ugab kan doen nie. Ons besluit ons gaan maar kyk hoe vêr...
19/01/2023

Dag 9

Meeste mense het vir ons gesê ons sal nie met karavane die Ugab kan doen nie. Ons besluit ons gaan maar kyk hoe vêr ons kom. Die eienaar van die Lodge het vir ons gesê ons behoort heel oraait te wees, net een stuk waar ons sal moet uiklim en weer later terug klim in Ugab oor swamp nie rybaar sal wees. Ons plan is om te kyk hoe vêr ons kom voor donker en dan kamp op te slaan. Mens kan defnitief die Ugab doen met karavane. Swamps is ryg so dit krap maar die voertuie en karavane, verder is daar so paar tegniese gedeeltes. Maar als is heel doenbaar💪🏻.

Dag 4-8Ons plan vir die volgende paar dae was as volg: Kuiseb Delta-Swakopmund-White lady lodge. Ons het plek gekry by T...
18/01/2023

Dag 4-8

Ons plan vir die volgende paar dae was as volg: Kuiseb Delta-Swakopmund-White lady lodge. Ons het plek gekry by Tiger Reef camping, ons moes so paar repairs doen en so bietjie shopping vir volgende paar dae sonder winkels. Ons het die C35 pad gevat na Uis Suid/Oos van Brandberg om gery na White Lady Lodge.

Dag 2/3Ons plan is om tot by Kuiseb Delta area te ry, ons het permitte gekry deur www.namscapes.com om in die konsessie ...
17/01/2023

Dag 2/3

Ons plan is om tot by Kuiseb Delta area te ry, ons het permitte gekry deur www.namscapes.com om in die konsessie area(in die woestyn) een nag te oornag. Ek sit weer n screen shot van ons beplande roete by die fotos.

10/01/2023

'n Paar mense het my gevra of ek nou besig is om die toer te doen. Jammer, ek het nie mooi verduidelik nie. Ons is al terug by die huis, ek gaan net die toer opdeel in posts soos wat ons trip gevorder het. Net te veel om op een slag te vertel en te post. Ek sal elke dag 'n bietjie kan vertel en foto's opsit soos ek tyd kry.

Net so voorsmakie van dag twee😜
10/01/2023

Net so voorsmakie van dag twee😜

Dag 1Ons kan nie wag nie! Slaap amper niks, ons sien al so lank uit. Ons vertrek 5uur uit Kakamas, pad is lekker nat wan...
10/01/2023

Dag 1

Ons kan nie wag nie! Slaap amper niks, ons sien al so lank uit. Ons vertrek 5uur uit Kakamas, pad is lekker nat want dit het goed gereën die vorige nag. Ons ry die Lutzpits pad van Kakamas na Ariamsvlei. Ons gaan redelik gereeld oor die grens, so dinge gaan lekker vinnig by die grenspos. 'n Paar goed om te onthou as julle oor die grens wil gaan: Geen vleis mag oor die grens gaan nie, hulle is tans baie streng en die kans is baie groot dat hulle jou voertuig sal deursoek. Maak seker die kinders se underbridge sertifikate is in orde. Indien jou voertuig gefinansier is, mag hulle 'n bankbrief verlang alhoewel hulle nog nooit vir ons vir so iets gevra het nie. Maak seker jy betaal die road fund, want hulle vra vir die bewys by die padblokkades in Namibia.

Ons is deur die grenspos😅, ons maak brandstof vol op Ariamsvlei want brandstof is goedkoper in Namibia. Ons kry die res van die groep in Beta(hulle is Noordoewer oor), vriende het ons verwys om by At Kronenhof te oornag.

Mobi loop soos n droom, sy eerste groot trip vandat ons hom gekry het. Ek kan nie wag om weer op die grondpad te klim nie! Lang dag op die pad maar die scenary is ongelooflik mooi, die terrein verander heeltyd. Ariamsvlei-Karasburg-Grunau-Seeheim-Bethanie-Helmeringhausen-Betta

At Kronenhof slaan ons asems weg. Hier tussen niks en nêrens is so 'n ongelooflike plek. Dit is 'n moet vir enige kamper. Mens kan sien die persoon wat die staanplekke ontwerp het, is verseker self 'n kampeerder. Ons is eerste daar, ons drink solank 'n yskoue bier terwyl die kinders deur die swembad spring voor ons kamp opslaan. https://kronenhof.com.na/en/

Net vinnige agtergrond oor ons toer, ons is drie gesinne wat toer saam aanpak. Twee voertuie uit die kaap, Jake Mcallen(...
10/01/2023

Net vinnige agtergrond oor ons toer, ons is drie gesinne wat toer saam aanpak. Twee voertuie uit die kaap, Jake Mcallen(Die Engelsman) en sy gesin met n Amarok en 'n Conqueror Compact Trailer en Hein Snyman en sy gesin met n Echo Kavango. En natuurlik ons met n Land Cruiser double cab en die Mobi. Ons plan is om vanaf Beta tot Epupa Falls te ry deur Kaokoland, niks vooraf geboek behalwe ons konsessie permitte om in die Namib in te gaan. Ons is reg vir 'n adventure!

09/01/2023

Hi Almal, ek het die page oopgemaak om met julle ons trip na Epupa falls te deel. Voor ek op so trip gaan doen ek altyd navorsing en wens altyd mense kan meer inligting vir my gee. So hier is dit, as iemand na so trip kyk hier is ons trip se besonderhede.

Address

2de Laan Nr 4
Kakamas
8870

Telephone

+27828779291

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Namib to Epupa Falls via Ugab in a Mobi Lodge posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Namib to Epupa Falls via Ugab in a Mobi Lodge:

Share

Category