14/04/2022
Goeie Vrydag is die Vrydag voor Paasfees, dit volg op Wit-Donderdag en word deur Heilige Saterdag opgevolg. Op Goeie Vrydag herdenk Christene die kruisiging en dood van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem. Dit volg nadat die Romeinse goewerneur van die Romeinse provinsie Judea, Pontius Pilatus, Jesus op aandrang van die sanhedrin, die Joodse hoë raad, tot dood veroordeel het.
Hierdie dag {Goeie Vrydag) is n herinnering en herdenking aan alle Christene dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes. Hy is in ons plek as offerlam gekruisig, sodat ons kan die lewe kan beerwe.
Ons vier egter ook fees, want ons weet Hy het nie net gesterf nie, maar Hy het die dood oorwin en Hy leef en sit aan die regterhand van God die Vader. Daarom vier ons op Maandag ook Sy opstanding.
Kom ons onthou Jesus se offer en gaan hierdie naweek in met dit. Laat hierdie naweek nie oorheers word deur wereldse plesier en gedagtes nie.
Dankie Vader dat U U Eniggebore Seun Jesus gegee het as die Offerlam, sodat elkeen wat Hom aanneem nie verlore sal gaan nie, maar sal leef. Ek bid dit in Jesus se Naam Amen