26/06/2026
📢 *MEIRINGSPOORT: INFRASTRUCTURE DAMAGE AND PLANNED REPAIR WORK* 🚧
*Statement by Mayor Linda Jaquet*
*1. Background and Extent of Damage*
We are all aware that the recent flood caused significant damage to the Meiringspoort road network. According to the Western Cape Department of Infrastructure, the extent of the damage exceeds anything seen since the early 1980s and is considerably worse than the 1996 flood.
The primary cause was the substantial increase in water and flood levels, made worse by large quantities of debris and tree trunks carried downstream. Several rockfalls also blocked and damaged the road.
*2. Technical Assessment*
Three sections of the road through the pass have been completely washed away. At the worst affected points, the damage is approximately 1.7 metres deep over lengths of 20 to 25 metres. Road shoulders and supporting structures have been entirely destroyed.
*3. Phased Repair Process*
Due to the scale of the damage, the road cannot be rebuilt immediately. Repair must follow a strict process:
• Phase 1: Cleaning and debris removal
• Phase 2: Full structural engineering assessment
• Phase 3: Final cost estimation
No permanent repair work may begin before the engineering assessment is complete.
*4. Financial Implications and Timeline*
• Preliminary damage estimate: exceeds R421 million
• Repair timeline: approximately 26 months (excluding the initial cleaning phase)
• Authorities will attempt a temporary single-lane "stop-and-go" system within the broader project timeline. There is no firm date when this system will be operational.
The road is therefore expected to remain closed or severely disrupted for an extended period.
*5. Heritage and Environmental Constraints*
Meiringspoort is an officially designated heritage route. According to the Department of Infrastructure, the road must be restored in a way that preserves its original historical character — modern realignments are not permitted. Strict environmental controls will also apply to protect the river ecosystem. These legal obligations mean the restoration process cannot be accelerated.
This closure is not simply an inconvenience. It poses a daily hardship for residents, farmers and businesses in our area.
We ask for your patience and understanding. The complex restoration process cannot be sped up due to legal, environmental and engineering requirements.
Alternative routes have been identified and should be used for the duration of the closure.
A more detailed provisional timeline will be communicated in the coming weeks.
_Source of technical information: Department of Infrastructure, Western Cape_
26 June 2026
📢 *MEIRINGSPOORT: INFRASTRUKTUURSKADE EN BEPLANDE HERSTELWERK* 🚧
*Verklaring deur Burgemeester Linda Jaquet*
*1. Agtergrond en Omvang van Skade*
Ons is almal bewus daarvan dat die onlangse vloed aansienlike skade aan die Meiringspoort-padnetwerk aangerig het. Volgens die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur is die omvang van die skade groter as enige voorval sedert die vroeë tagtigerjare en aansienlik erger as die 1996-vloed.
Die primêre oorsaak was die massiewe toename in water- en vloedvlakke, vererger deur groot hoeveelhede drifsel en boomstompe wat deur die rivier afgesleur is. Verskeie rotsstortings het die pad ook versper en beskadig.
*2. Tegniese Assessering*
Drie segmente van die pad deur die poort is heeltemal weggespoel. Op die ergste geraakte punte is die skade ongeveer 1,7 meter diep oor lengtes van 20 tot 25 meter. Die sykante en ondersteuningsstrukture is in hul geheel vernietig.
*3. Fase-gebaseerde Herstelproses*
Weens die omvang van die skade kan die pad nie onmiddellik herbou word nie. Herstel moet 'n streng opeenvolgende proses volg:
• Fase 1: Skoonmaak en opruiming
• Fase 2: Volledige strukturele ingenieurskundige beoordeling
• Fase 3: Finale kosteberaming
Geen permanente herstelwerk mag begin voor die ingenieurskundige beoordeling voltooi is nie.
*4. Finansiële Implikasies en Tydlyn*
• Voorlopige skadeberaming: meer as R421 miljoen
• Hersteltydlyn: ongeveer 26 maande (uitgesluit die aanvanklike skoonmaakfase)
• Owerhede sal probeer om 'n tydelike enkelbaan-"stop-en-ry"-stelsel binne die breër projekstydlyn tot stand te bring. Daar is geen vaste datum wanneer hierdie stelsel operasioneel sal wees nie.
Die pad sal dus vir 'n geruime tyd gesluit of ernstig ontwrig bly.
*5. Erfenis- en Omgewingsbeperkings*
Meiringspoort is 'n amptelik aangewese erfenispad. Volgens die dept van infrastruktuur, moet die pad herstel word op 'n wyse wat die oorspronklike historiese karakter behou — moderne herbelynings is nie toegelaat nie. Streng omgewingsbeheermaatreëls sal ook geld om die rivier-ekosisteem te beskerm. Hierdie regsverpligtinge beteken dat die herstelproses nie versnel kan word nie.
Hierdie sluiting is nie bloot 'n ongerief nie. Dit bring daaglikse ontbering vir inwoners, boere en besighede in ons area.
Ons vra u geduld en begrip. Die ingewikkelde herstelproses kan weens regs-, omgewings- en ingenieursvereistes nie versnel word nie.
Alternatiewe roetes is geïdentifiseer en moet gebruik word vir die duur van die sluiting.
'n Meer gedetailleerde voorlopige tydlyn sal in die komende weke gekommunikeer word.
_Bron van tegniese inligting: Wes-Kaapse departement van infrastruktuur_
26 Junie 2026