South African Fancy Pigeon Association

South African Fancy Pigeon Association Sharing fancy pigeon information and breeding stock internationally

20/06/2026
Top 7 wenners van W-Tvl Streekskou 2026JUNIORS:Kampioen duif - King - Jaco MaraisReserwe Kampioen - SA Botternek - Jaco ...
09/06/2026

Top 7 wenners van W-Tvl Streekskou 2026

JUNIORS:
Kampioen duif - King - Jaco Marais
Reserwe Kampioen - SA Botternek - Jaco Marais
2de Reserwe Kampioen - Gros Mondain - Mari Wessels
3de Reserwe Kampioen - American Show Racer - Jaco Marais
4de Reserwe Kampioen - Mookee - Jaco Marais
Beste Jongduif - Gros Mondain - Mari Wessels

SENIORS:
Kampioen Duif - Modena Schietti gemerk - Heinrich Moldenhauer
Reserwe Kampioen - Holle Cropper - Estreux Boerdery
2de Reserwe Kampioen - German Beauty Homer - Hein Hoffman
3de Reserwe Kampioen - Chinese Owl - Rob Poley
4de Reserwe Kampioen - Mookee - Phillip Lee
5de Reserwe Kampioen - Norwich Cropper - Dirk Scholtz
6de Reserwe Kampioen - SA Botternek - Louis van der Walt
Beste Jongduif - Chinese Owl - Rob Poley

Huldeblyk: Chris van der Walt – “Chris Brandweer”Met diepe hartseer neem ons afskeid van Chris van der Walt, beter beken...
03/12/2025

Huldeblyk: Chris van der Walt – “Chris Brandweer”

Met diepe hartseer neem ons afskeid van Chris van der Walt, beter bekend as Chris Brandweer, wat ’n week gelede oorlede is. Chris was nie net ’n lid van ons duiwe-gemeenskap nie — hy was ’n mentor, ondersteuner, senior beoordelaar en ’n opregte vriend vir baie.

Chris was altyd reg met raad, en net so vinnig met ’n grap om almal weer in ’n goeie luim te plaas. Sy warmte, sy humor en sy bereidheid om te help het ’n blywende indruk gelos op elkeen wat hom geken het. Sy heengaan laat ’n groot leemte, maar sy nalatenskap leef voort in die mense wat hy geraak het.

Die afskeidsdiens vind Vrydag plaas. Ons gedagtes en medelye is by sy familie en al sy vriende in hierdie tyd.

Rus sag, Chris. Jou lig, jou lag en jou lojale hart sal altyd onthou word.

Address

Klerksdorp

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when South African Fancy Pigeon Association posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to South African Fancy Pigeon Association:

Shortcuts

Share