11/11/2022
Bosveld Platteland Dorpie.
As jy die woorde Plattelandse Bosveld dorpie hoor, Waaraan laat dit u d**k? Vir my is dit n dorpie waar as iemand my vra, ‘’Gullaume hoe kom ek tot by jou!’’ Sal ek andw as jy oor Saartjies Nek ry, draai jy by die derde robot links en by die stop str weer links. (dit sal baie maklik wees om te kry aangesien daar net 5 robots in die hele dorp is.)
Dit is n dorpie waar daar in van die woongebiede nog geen straat ligte is nie.
Dis n dorpie waar jy in die vroee oggende na die sang van die voel lewe luister in die bome en Bosveld om jou. As dit reen in die oggende verander die bos in n sprokies wereld wat soos n reenwoud lyk en klink.
Dis n dorpie waar jy vroeg oggend kan sien hoe die son sy strale oor die magaliesberge gooi of laat middag agter die berge by Kosmos verdwyn en die hemelruim met sy rooi strale versier.
Dis n dorpie waar jy in die aande na die padda koor vir ure lank kan luister as hulle sang van die dam af kom.
Dis n dorpie vol geskiedenis van die Afrikaner waar jy oor Silkaatsnek kan uitkyk en jy besef dis waar Genl de la Rey en Siener van Rensburg gestaan het tydens die anglo boere oorlog met die slag van Silkaatsnek in Junie 1900.
Dis n dorpie met ryk geskiedenis as mens d**k aan die bekende Tan Malie se winkel (wat ongelukkig sy deure moes sluit) of aan die Schoemansville hotel waar die wereld bekende skilder Pierneef ook tuis gegaan het. (Daar word vertel dat toe Pierneef nie vir sy verblyf by die hotel kon betaal en Johan Schoeman hom opdrag gegee het om n sklidery van Hartbeespoort te maak om sy verblyf te dek).
Dis n dorpie waar jy die dorp net kan binnekom of verlaat waneer jy oor een van die nekke ry! (Silkaatsnek, Komandonek en Saartjiesnek).
Dis n dorpie waar jy by jou slaapkamer venster kan uit kyk en oor die dam staar en dan sien jy reg oorkant die pad hoe die zebras springbokkies en blesbok wei.
Dis n dorpie waar jy dikwels n Arend in die lug sien sweef of sommer naby jou op n dak kom sit. Waar die blou apies gereeld gesien word waar hulle in die strate en bome baljaar.
Dis n dorpie waar jy vroeg oggend waneer jy buite jou koffie geniet en hoor hoe bulk die Leeus van die 2 plekke weerskante van jou af. (Die leeus herhinder jou hulle bly steeds die koning van die bosveld!)
Dis n dorpie waar jy die foon optel en jou slagter skakel en n paar minute later skakel hy terug en se “Gullaume jou vleis is reg” of waneer jy siek is en met jou apteker praat en hom vertel jy is siek en jy sal more oggend die medisyne kom haal, maar dan lui jou foon om 19:00 uur en dit is jou apteker wat se hy staan by jou hek met jou medisyne.
Dis n dorpie waar dit nie vreemd is om by n winkelsentrum in te stap en jy sien n bekende afrikaanse sanger soos Armand of selfs Blackie nie. Of waneer iemand se ‘’Hallo Gullaume” en as jy omkyk is dit Dozi en Tanya nie.
Dis n dorpie waar waneer jy oor die damwal deur die ‘’Triumphal Arc’’ ry besef dat hier geskiedenis gemaak is in September 1923 toe die brug onder leiding van F W Scott voltooi is en daar vir die eerste keer voertuie oor die damwal kon ry.
Dis waar jy vrede in jou siel vind.
Dis my dorp.
Dis my Mense.
DIT IS HARTIES
Groete Gullaume Clouston
Met erkenning aan Gullaume Clouston van erens op Facebook geplaas