08/10/2026
Na 'n klein weghol vuur so ruk gelede, het ek 'n "verwaarloosde" tipe nes gesien en aangeneem wat ookal daar gebly het, moes seker inderhaas ontruim. Ek het wel 'n paar keer 'n voël uit daardie rigting sien vlieg wat my verwar het met sy grootte, want sy vlerkspan was te groot om 'n valk te wees, maar te klein om 'n visarend te wees. Google het toe mooi verduidelik dat die Swartsperwer of Black Sparrowhawk se vlerkspan meer as 'n meter kan word! Dit is ook die grootste sperwer in Afrika asook een van die grootstes in die wêreld. Hy behoort aan dieselfde familie as arende, havikke en sperwers. EN toe sien ek gister die volwassene se lyftaal wys "do NOT come near" en daar gewaar ek sowaar wit "fluff" beweeg - ek moet raai minstens 2 kleintjies, maar dit is moeilik om hul te sien en nog moeiliker om die 1.5kg kamera stil te hou as jy tot die maksimum zoom en 'n video probeer neem, veral omdat ek uit respek nie "nader as nogal ver wil gaan nie"...but here goes: