Mount Africa Gaste Plaas

Call Directions Website Contact the business

Mount Africa Gaste Plaas Mount Africa gaste plaas se prioriteit lê by die rustieke, onbesoedelde vlieghengel en buiteluglewe. Braaihout beskikbaar.

Die selfsorg-eenheid is op die plaas Rockville geleë, presies tussen George, Oudtshoorn, Knysna en Port Elizabeth in die pragtige Langkloof vallei, op die R62 roete. Hierdie rustige omgewing is slegs 4km (grondpad) vanaf die hoofpad, met die pragtige Kougaberge in die noorde en die Tsitsikammaberge in die suide. GPS: 33˚49’48.63”S en 23˚46’38.86”E

AKKOMMODASIE:

Knus 6 bed selfsorg eenheid met twee badkamers, oopplan kombuis, sit- en eetkamer en onderdak parkering. Braai-geriewe en heerlike stoep om die sonsopkoms dop te hou. Toestelle en geriewe soos 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, linne, elektriesekomberse (in die winter), handoeke is beskikbaar. AKTIWITEITE:

Vlieghengel is net so elegant om dop te hou as om dit te beoefen. Die hengel van Reënboog Forel en Swartbars word heeljaar aangebied. Ons fasiliteite maak voorsiening vir vlieghengel en kunsaashengel, van die beginner tot die ervare professionele hengelaar. Die plaas bied ander aktiwiteite soos stap, piekniek, voëlkyk, skaapskeer (in seisoen) en gesonde plaaslewe. Te danke aan die ongerepte omgewing kan mens die asemrowende Melkweg bewonder soos dit saans die hemelruim ophelder. Naby geleë is die Langkloof gholfbaan (6 km van Mount Africa). Die omgewing is oorvloedig met fauna en flora en baie bekend vir sy biodiversiteit. Gaste besoek gereeld die volgende besienswaardighede in die omgewing:
• Knysna
• Tsitsikamma-woud
• Jeffreysbaai
• Kangogrotte
• Klein Karoo Nasionale Kunstefees.
• Prince Alfred pas

Ons eerste kalf en melkkoei op Mount Africa - Blommetjie en klein Erfenis. Melk, jogurt, kaas........ o ja en roomys nat...
04/10/2026

Ons eerste kalf en melkkoei op Mount Africa - Blommetjie en klein Erfenis. Melk, jogurt, kaas........ o ja en roomys natuurlik. Wat 'n veugde en dankbaarheid!🙏🐮🐂🧀🍦🥛

08/08/2026
Hoe groot is ons Skepper🙏
08/08/2026

Hoe groot is ons Skepper🙏

Pasgebore Ounooi🤗
12/07/2026

Pasgebore Ounooi🤗

Lamtyd op die plaas🐑🙏
12/07/2026

Lamtyd op die plaas🐑🙏

Lamtyd op die plaas.
12/07/2026

Lamtyd op die plaas.

Pragtige wintersmiddag by Mount Africa🙏
11/07/2026

Pragtige wintersmiddag by Mount Africa🙏

1 Mei 2026 se ongelooflike sonsondergang hier op Mount Africa Gaste Plaas. Dankie Dwayne Taljaard dat ek die foto's mag ...
02/05/2026

1 Mei 2026 se ongelooflike sonsondergang hier op Mount Africa Gaste Plaas. Dankie Dwayne Taljaard dat ek die foto's mag deel.

Mooie Langkloof🙏
01/05/2026

Mooie Langkloof🙏

Kom besoek die Langkloof. Dankie Bez & Kie vir die besonderse video🤩
16/04/2026

Kom besoek die Langkloof. Dankie Bez & Kie vir die besonderse video🤩

Kom saam met ons na die pragtige Langkloof-vallei waar ons ’n paar rustige dae by Mount Africa Gasteplaas deurgebring het. Hierdie werkende plaas, naby Krake...

Address

Langkloof Vallei, Rockville
Krakeelrivier
6410

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mount Africa Gaste Plaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mount Africa Gaste Plaas:

Shortcuts

Share

Category