Mount Africa Gaste Plaas

Mount Africa Gaste Plaas Mount Africa gaste plaas se prioriteit lê by die rustieke, onbesoedelde vlieghengel en buiteluglewe. Braaihout beskikbaar.

Die selfsorg-eenheid is op die plaas Rockville geleë, presies tussen George, Oudtshoorn, Knysna en Port Elizabeth in die pragtige Langkloof vallei, op die R62 roete. Hierdie rustige omgewing is slegs 4km (grondpad) vanaf die hoofpad, met die pragtige Kougaberge in die noorde en die Tsitsikammaberge in die suide. GPS: 33˚49’48.63”S en 23˚46’38.86”E

AKKOMMODASIE:

Knus 6 bed selfsorg eenheid met tw

ee badkamers, oopplan kombuis, sit- en eetkamer en onderdak parkering. Braai-geriewe en heerlike stoep om die sonsopkoms dop te hou. Toestelle en geriewe soos 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, linne, elektriesekomberse (in die winter), handoeke is beskikbaar. AKTIWITEITE:

Vlieghengel is net so elegant om dop te hou as om dit te beoefen. Die hengel van Reënboog Forel en Swartbars word heeljaar aangebied. Ons fasiliteite maak voorsiening vir vlieghengel en kunsaashengel, van die beginner tot die ervare professionele hengelaar. Die plaas bied ander aktiwiteite soos stap, piekniek, voëlkyk, skaapskeer (in seisoen) en gesonde plaaslewe. Te danke aan die ongerepte omgewing kan mens die asemrowende Melkweg bewonder soos dit saans die hemelruim ophelder. Naby geleë is die Langkloof gholfbaan (6 km van Mount Africa). Die omgewing is oorvloedig met fauna en flora en baie bekend vir sy biodiversiteit. Gaste besoek gereeld die volgende besienswaardighede in die omgewing:
• Knysna
• Tsitsikamma-woud
• Jeffreysbaai
• Kangogrotte
• Klein Karoo Nasionale Kunstefees.
• Prince Alfred pas

1 Mei 2026 se ongelooflike sonsondergang hier op Mount Africa Gaste Plaas. Dankie Dwayne Taljaard dat ek die foto's mag ...
02/05/2026

1 Mei 2026 se ongelooflike sonsondergang hier op Mount Africa Gaste Plaas. Dankie Dwayne Taljaard dat ek die foto's mag deel.

Mooie Langkloof🙏
01/05/2026

Mooie Langkloof🙏

Kom besoek die Langkloof. Dankie Bez & Kie vir die besonderse video🤩
16/04/2026

Kom besoek die Langkloof. Dankie Bez & Kie vir die besonderse video🤩

Kom saam met ons na die pragtige Langkloof-vallei waar ons ’n paar rustige dae by Mount Africa Gasteplaas deurgebring het. Hierdie werkende plaas, naby Krake...

Onbeskryflik🙏
22/12/2025

Onbeskryflik🙏

Hoe groot ons Skepper🙏
03/08/2025

Hoe groot ons Skepper🙏

Dankie Vader dat ons U skepping mag aanskou🙏
09/07/2025

Dankie Vader dat ons U skepping mag aanskou🙏

Hier bly ons besig en eet ons lekker😋 Wat is nou lekkerder as 'n tuisgemaakte skaapworsie en "patty"?
23/11/2024

Hier bly ons besig en eet ons lekker😋 Wat is nou lekkerder as 'n tuisgemaakte skaapworsie en "patty"?

Tyd vir groenvye inlê, waar is die jaar heen?
23/11/2024

Tyd vir groenvye inlê, waar is die jaar heen?

Hoe groot is U🙏
23/11/2024

Hoe groot is U🙏

'N PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar...
22/07/2024

'N PSALM van Dawid.

Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Address

Langkloof Vallei, Rockville
Krakeelrivier
6410

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mount Africa Gaste Plaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mount Africa Gaste Plaas:

Share

Category