Hoërskool Kalahari Koshuis

Hoërskool Kalahari Koshuis Sedert 1954

We are proud to announce our Leaders of the Hostel for 2025 / Ons is trots om ons Leiers vir die Koshuis vir 2025 aan te...
08/10/2024

We are proud to announce our Leaders of the Hostel for 2025 / Ons is trots om ons Leiers vir die Koshuis vir 2025 aan te kondig:

Deputy Head boy/ Onderhoofseun: Adriaan Stoltz
Deputy Head girl / Onderhoofmeisie: Madré Janse van Rensburg

Head girl/ Hoofmeisie: Limari Fleming
Head boy / Hoofseun: Jan Fleming

Prefects/ Prefekte:

- Ofentse Kitso
- Adriaan van Zyl
- Kimberley Strong
- Tiffany Prins

Congratulations Kalas! / Veel geluk Kalas!


Dit is met groot hartseer dat ons die skielike afsterwe van een van ons geliefde personeellede by die koshuis aankondig....
17/09/2024

Dit is met groot hartseer dat ons die skielike afsterwe van een van ons geliefde personeellede by die koshuis aankondig. Tannie Emily het in 2018 by ons koshuisfamilie aangesluit en het vinnig 'n geliefde teenwoordigheid in ons gemeenskap geword. Haar warm glimlag, vriendelikheid en toewyding aan haar werk het die lewens geraak van almal wat die voorreg gehad het om haar te ken.

Tannie Emily se gees en vrygewigheid sal baie gemis word deur beide personeel en leerders. In hierdie tyd van hartseer, troos ons ons in die volgende woorde:

"Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word." — Matteus 5:4

Ons hou vas aan die pragtige herinneringe wat ons met tannie Emily gedeel het en die lig wat sy in ons lewens gebring het. Terwyl ons haar verlies treur, laat ons haar passie onthou om ander te help en die vreugde wat sy versprei het tydens haar tyd by ons.

Tannie Emily se nalatenskap van liefde en deernis sal vir altyd in ons harte bly. Ons betuig ons innige meegevoel met haar familie, en vriende.

Rus in vrede, tannie Emily. Jy sal altyd 'n spesiale plekkie in ons harte hê.

Kalahari Koshuis

/

It is with profound sadness that we announce the sudden passing of one of our beloved staff members at the hostel, tannie Emily Barnett, who left us this morning. Tannie Emily joined our hostel family in 2018 and quickly became a cherished presence in our community. Her warm smile, unwavering kindness, and dedication to her work touched the lives of all who had the privilege of knowing her.

Tannie Emily’s spirit and generosity will be deeply missed by both staff and learners alike. In this time of sorrow, we take solace in the words of Scripture:

"Blessed are those who mourn, for they will be comforted." — Matthew 5:4

We hold on to the beautiful memories we shared with tannie Emily and the light she brought into our lives. As we grieve her loss, let us remember her passion for helping others and the joy she spread during her time with us.

Tannie Emily’s legacy of love and compassion will forever remain in our hearts. We extend our deepest condolences to her family, and friends.

Rest in peace, tannie Emily. You will always have a special place in our hearts.

Kalahari Hostel

02/07/2024

BEALNGRIK KENNISGEWING

Die koshuis se hek sal gesluit wees en slegs gebruik word deur koshuispersoneel en inwoners en so ook leerders wat in die koshuis woon.

Ons vra dat almal anders asseblief dit sal respekteer en die hoofhek van die skool gebruik vir toegang tot die perseel.

Koshuis groete

/

IMPORTANR NOTICE

The hostel's gate will be closed and only used by hostel staff and residents as well as learners living in the hostel.

We ask that everyone else please respect this and use the main gate of the school to access the premises.

Hostel greetings

DIE KOSHUIS WORD 70Tyres vol stof- jy is by die regte location, jy hoor vir Siri sê "you've reached your destination"Die...
02/02/2024

DIE KOSHUIS WORD 70

Tyres vol stof- jy is by die regte location, jy hoor vir Siri sê "you've reached your destination"
Die geskiedenis hier is ouer as ek,
Ja, jy is by die regte plek!

Hoërskool Kalahari Koshuis word 70 en ons wil dit vier saam met Eloff.

Ons nooi alle oud-leerlinge en personeel van Hoërskool Kalahari wat oor die laaste 70 jaar in die koshuis gebly of gewerk het. Kom slaap weer een aand oor in die koshuis en bring al die lekker onthou tye terug, daar is baie wie se name nog in die kaste geskryf is oor die jare, kom kyk of joune nog daar staan.

Bespreek jou plek so gou as moontlik, en moet dit nie mis nie, hierdie gaan een vir die boeke wees.

Koop jou naweekpakket vir R650 en woon die sportdag by met etes, slaap oor in die koshuis en kry Sondagoggend ontbyt of R200 om die vertoning van Eloff te kyk by die koshuis en ook die sportdag.

Lees gerus deur die advertensie en bespreek jou plek, ons sien baie uit om almal weer te sien!

Kala groete en kom neem die naweek op Vlerke

/

THE HOSTEL TURNS 70

Tyres vol stof- jy is by die regte location, jy hoor vir Siri sê "you've reached your destination"
Die geskiedenis hier is ouer as ek,
Ja, jy is by die regte plek!

Kalahari Hostel turns 70 and we want to celebrate it with Eloff.

We invite all former learners and staff of Kalahari High School who have lived or worked in the hostel over the last 70 years. Come and spend one more night in the hostel and bring back all the fondly remembered times, there are many whose names are still written in the cupboards over the years, come and see if yours is still there.

Reserve your spot as soon as possible, and don't miss out, this is going to be one for the books.

Buy your weekend package for R650 and attend the sports day with meals, sleep over in the hostel and get breakfast on Sunday morning or R200 to watch Eloff's show at the hostel and also the sports day.

Please read through the ad and book your place, we look forward to seeing everyone again!

Kala greetings


GRAAD 8 KOSHUISKAMPOp Vrydag 26 Januarie is 100 graad 8-leerders by die koshuis afgelaai. Die leerders is gevra om hul f...
28/01/2024

GRAAD 8 KOSHUISKAMP

Op Vrydag 26 Januarie is 100 graad 8-leerders by die koshuis afgelaai. Die leerders is gevra om hul fone by hul ouers te los of dit in die koshuiskluis te bêre. Ons wou nie hê hulle moes enige afleiding hê nie en ons wou hê hulle moet elke oomblik geniet om hierdie naweek te onthou as die lekker begin van hul hoërskoolloopbaan.

Die program was taai en dit het gesorg dat elke uur van die dag aangewend is vir iets om te doen.

Oefening vir die graad 8-konsert was die nommer een prioriteit. Dans en toneelspel is tot die maksimum gedruk. Die graad 8's het uitstekend gevaar en hierdie tradisie sal in die toekoms net aanhou groei. Om trots te wees op jou skool en vriende te maak is die belangrikste ding wat ons wou bereik. Ons glo vas dat ons dit oor die naweek bereik het.

Swem, waterglybane, dans en 'n sessie saam met Pastoor Arno was van die aktiwiteite oor hierdie naweek.

Ons hoop regtig dat elke graad 8-leerder hul verblyf in die koshuis geniet het en dat jy kan sê dat jy nog meer soos 'n ware KALA voel.

Kala groete

/

GRADE 8 HOSTEL CAMP

On Friday 26 January, 100 grade 8 learners were dropped off at the hostel. The learners were asked to leave their phones with their parents or store them in the hostel safe. We did not want them to have any distractions and we wanted them to be in the moment to remember this weekend as the fun start to their high school career.

The program was tough and it made sure that every hour of the day was utilized for something to do.

Practicing for the grade 8 concert was the number one priority. Dancing and acting was pushed to the max. The grade 8's did extremely well and this tradition will only continue to grow in the future. Taking pride in your school and making friends is the most important thing we wanted to achieve. We firmly believe that we achieved it over the weekend.

Swimming, water slides, dancing and having a session with Pastor Arno was some of the activities over this weekend.

We really hope that each grade 8 learner enjoyed their stay in the hostel and that you can say that you feel even more like a true KALA.

Kala greetings

Graad 8's van 2024 - Koshuis inbly naweekWanneer: 26 - 28 Januarie 2024Waar: Hoërskool Kalahari KoshuisKoste: R300 per l...
17/01/2024

Graad 8's van 2024 - Koshuis inbly naweek

Wanneer: 26 - 28 Januarie 2024
Waar: Hoërskool Kalahari Koshuis
Koste: R300 per leerder (Betaal vooraf by die kantoor)

Daar is SLEGS 170 plekke beskikbaar vir hierdie naweek. (85 Seuns en 85 Meisies)

(Bring 'n kombers en 'n kussing)

Dit sal 'n prettige naweek van spanbou, inoefening van die konsert en leer van God se Woord wees.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie.

Kala groete

/

Grade 8's of 2024 - Hostel stay in weekend

When: 26 - 28 January 2024
Where: Kalahari High School Hostel
Cost: R300 per learner (Pay beforehand at the office)

There are ONLY 170 spaces available for this weekend. (85 Boys and 85 Girls)

(Bring a blanket and a pillow)

It will be a fun packed weekend of team building, practicing of the concert and learning of God's Word.

Don't miss out on this opportunity.

Kala greetings

BELANGRIK/IMPORTANT KOSHUISGELDE VIR 2024HOSTEL FEES FOR 2024R3 140 p.m (Feb - Nov)
12/01/2024

BELANGRIK/IMPORTANT

KOSHUISGELDE VIR 2024
HOSTEL FEES FOR 2024

R3 140 p.m (Feb - Nov)


08/01/2024

Welkom aan almal by Hoërskool Kalahari Koshuis se nuwe Facebook blad.

Deel asseblief wyd en suid sodat almal op hoogte kan bly met die koshuis se daaglikse bedrywighede.

Hou hierdie bladsy dop vir inligting en geskiedenis van ons mooi koshuis.

Kala groete

/

Welcome to Kalahari High School's Hostel's new page.

Please share far and wide so everyone can stay up to date with the hostel's daily activities.

Keep an eye on this page for information and history of our beautiful hostel.

Kala greetings

Address

Seodin Road 206
Kuruman
8460

Opening Hours

Monday 06:00 - 18:00
Tuesday 06:00 - 18:00
Wednesday 06:00 - 18:00
Thursday 06:00 - 18:00
Friday 06:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Kalahari Koshuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hoërskool Kalahari Koshuis:

Share

Category