02/09/2026
Hierdie erkenning beteken vir ons baie, want dit is ’n weerspieëling van die wonderlike ondersteuning en terugvoer wat ons van ons gaste ontvang.
Baie dankie aan elke gas wat by ons kom kuier, ons kies vir hul vakansie en die tyd neem om hul ervaring met ons te deel. Julle ondersteuning motiveer ons om elke dag net nóg beter te doen!
Ons is trots op ons span wat elke dag hul hart en energie insit om van elke besoek ’n onvergeetlike ervaring te maak.
Dankie, LekkeSlaap, vir hierdie besondere erkenning! 🏆
Hier’s op nog baie lekker wegbreke, kosbare herinneringe en gelukkige gaste by ATKV Eiland Spa!
co.za