26/08/2026
🏆✨ ONS HET NUUS! ✨🏆
Ons is ongelooflik trots en dankbaar om aan te kondig dat Bergendal ’n LekkeSlaap-toekenning ontvang het! 🥂🌿
Hierdie erkenning beteken vir ons ongelooflik baie, maar veral omdat dit moontlik gemaak word deur ons wonderlike gaste wat kies om by ons te kom kuier, terugkom, en hul ervarings met ander deel. ❤️
Baie dankie aan elke gas wat Bergendal deel van hul wegbreek, spesiale geleentheid of net ’n welverdiende bietjie rus gemaak het. 🏡💚
En ’n groot dankie aan die LekkeSlaap-span vir hierdie besondere erkenning! 🙏
Ons sien uit daarna om nog baie gaste te verwelkom en saam met julle nog mooier herinneringe te skep. 🌅✨
Bergendal – waar rus, natuur en onvergeetlike oomblikke bymekaarkom. 🌿