08/04/2026
Besprekings vir Spirit Life School en Camp Aquila se Vroue Winter Wegbreek Naweek is nou oop
Aan die voet van die pragtige Soutpansberge kom ons weer bymekaar met één doel voor oë – om ons harte te rig tot God.
✨ “Deurgrond my hart, o God” – Psalm 139:23
Ons gebed, uitroep en tema vir die naweek.
Hy is die God van Harte
❤️🩹 Die Een wat harte heel maak
❤️🔥 Die Een wat harte reinig
💝 Die Een wat jou weer bruikbaar maak
Bring jou hart… hy is veilig by die Here.
🗓️ 10 – 12 Julie 2026
📍 Camp Aquila, Vivo
R1500 per persoon sluit in:
* 2 aande se gerieflike verblyf
* Heerlike etes & nagereg
* Koffie- en sapstasie
* Varsgebakte beskuit, koekies & peuselhappies
* ‘n Pragtige, rustige natuuromgewing
* ‘n Inspirerende kreatiewe sessie
📱Stuur ‘n WhatsApp na 082 326 4408 om jou plek te bespreek.
⚠️Beperkte plekke beskikbaar – bespreek asb vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Kom rus, kom herstel, kom beleef weer die Hart van God vir jou