SoekMekaar Gastehuis - Die Ou Boerewinkel - Merweville

SoekMekaar Gastehuis - Die Ou Boerewinkel - Merweville Oornag in n Nolstagiese huisie in Merweville wat jare terug Die Boerewinkel was. Beleef Merweville.

18/05/2026

Kom ontdek Merweville
Leef ons dorpie raak...
En sien die mooi van die Koup

10/04/2026

SoekMekaar Gastehuis - Die Ou Boerewinkel - Merweville
Ons huisie maak reg...
Ons gaste is oppad...

Kom leef Merweville raak...
Die klein dorpie
Met die groot β™₯️

27/03/2026

!!!!!!!MTN!!!!!!!!!

Ek wonder wie se Pay as you Go selfone word ook ge"sim" swap....
My vraag aan MTN
Wie doen dit by julle... volgens my - moet enige iets wat mens verander met n persoon se privaat pin verander word... so dit moet iemand binne jul besigheid sit wat hierdie werk doen...
Hoe kry jul dit reg dat mense ons sim vat - dan vir al die kontakte geld vra - en vir my, wie se foon dit is - was dit omtrent dna gee om te bewys wie ek is...

1ste
Ek het niks oopgemaak of n no vir iemand gegee nie.. niks geklink nie.. daar het net n whatsup skerm opgekom en toe skielik het die skelmer my hele whatsup.

2de
Ek probeer dadelik MTN bel om net te vries.... wel die 1 winkel tel nounog op - na 8 oproepe kontak ek die volgende winkel - wat hul my in kennis stel jammer ek moet inkom - ps ons is 2 en halwe ure se ry van enige MTN af. Ek bel die Kaap - groot tak - want op Google se hul dis die no.. iemand tel op en se no mtn... bel 3 keer om seker te maak... so die no op Google is nie mtn se no nie....
Volgende is gaan loop 1.5 km om by sein te kom bel 135 - my liewe hemel... ek moet seker nie vertel hoe lank het ek gewag nie.. seker 5 keer gebel.. en omdat ek nie van die no wat gesim swap is bel nie - wil niemand help nie...

3de
Dis hartseer jul diens is sleg verby...

Kon ons na n tak ry - waar n dame my kon help... weereens vra ek hul moet mos sien wie het die foon se no gevat en na watter email... nee niemand kan help nie.. almal weet van die bedrog maar niemand kan help nie...

En ek weet ons is nie die enigstes met wie dit gebeur nie...

Nou is my vraag????????

MTN gaan jul ondersoek instel ?????

Wat hierdie is bedrog en iemand binne julle sisters doen die sim-swap....

16/01/2026

🌡 ENKEL MA's en SEUNS – spesiale Karoo-naweek-uitnodiging! πŸŒ΅πŸ¦–πŸ¦•
Liewe ma's met seuns,
Dit het op ons harte gekom dat daar 'n groot behoefte is vir juis julle om 'n slag saam weg te kom, te ontspan en die stilte, oop ruimtes en egte plaaslewe van die Karoo te ervaar.
Daarom wil ons graag 'n klein, intieme moeder-seun naweek aanbied op n plaas naby Merweville – net vir ENKEL MA's en hul SEUNS!
πŸ“… Wanneer? Nog onder bespreking – laat weet as julle belangstel!
πŸš™ Groep beperk tot maksimum 9 mense (dis hoeveel die safari-voertuig veilig kan neem)
Hoogtepunte wat ingesluit kan word:
Boogskiet (super pret vir seuns!)
Fossieljag op Fossielkop πŸ¦–β€“ stap letterlik tussen baie jare oue geskiedenis
Nag-wildrit onder die Karoo-sterre πŸ¦ŒπŸπŸπŸ¦¨πŸ‡βœ¨
Rustige tyd saam op die plaas, kampvuurstories, πŸ”₯ plaaslewe-ervarings πŸ‘ 🐐
Spesiale tyd net vir die ma's, terwyl die seuns plaas lewe ervaar.

Akkommodasie Γ³f in 'n privaat kampterrein op die plaas β›Ί, Γ³f in 'n gastehuis in die dorp (afhangend van groep voorkeur). Die ideaal is egter saam kamp.πŸ™

Die Karoo praat net met jou hart op 'n manier wat moeilik is om te beskryf... daardie stilte, daardie ruimte, daardie verbinding met mekaar en met die natuur. ❀️
As jy belangstel of d**k dit klink na iets wat jy en jou seun sou geniet, stuur asb vir my 'n e-pos na:
πŸ“§ [email protected]
Ek wil graag eers die belangstelling peil en kyk wat die beste datums en behoeftes sal wees.
Laat weet gerus ook ander ma's, as jy d**k daar is ander enkel ma's/seuns wat hierby sal baat vind – hoe meer ons saam kan skep, hoe mooier word dit!
Kan nie wag om saam met julle die Karoo se vreugde te deel nie! 🌟
Ons sien uit na jul e-posse.
Kobus
Karoo Vreugde – Merweville
Kontak Kobus Smuts

Address

Voortrekker Straat 35
Merweville
6940

Telephone

+27713897710

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SoekMekaar Gastehuis - Die Ou Boerewinkel - Merweville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SoekMekaar Gastehuis - Die Ou Boerewinkel - Merweville:

Shortcuts

Share

Category