03/04/2026
Met die sagte reën wat nou oor Bergsig val, ervaar ons opnuut God se genade…
na ’n lang tyd van droogte bring elke druppel hoop, lewe en herstel en grassies wat begin groei.
En saam met hierdie seën het ons nog ’n wonderwerk ontvang —
ons pragtige nuwe kameelperd babatjie, ’n teken van nuwe begin en lewe. Ontmoet vir "Valpie" 🦒
Soos hierdie klein lewe tussen ons rondstap, word ons herinner aan die ware betekenis van Paasfees:
✝️ Jesus Christus se liefde, opoffering en die nuwe lewe wat Hy bring.
Mag hierdie reën elke hart vul met dankbaarheid,
mag hoop weer groei waar dit droog was,
en mag Christus se liefde julle Paasnaweek omvou.
Geseënde Paasfees aan al ons familie, vriende en kliente.
🌧️✨ Paasgroete vanaf Bergsig Game Farm ✨🌧️